Duiker sterf tydens reddingspoging

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Een van die reddingsduikers wat op soek was na die vermiste liggame van persone wat verdrink het toe ʼn veerboot in Suid-Korea omgeslaan het, is Dinsdag dood.

Daar was 476 persone aan boord die Sewol toe dit op 16 April omgeslaan het. Meeste van die slagoffers was van ʼn hoërskool naby Seoul. Slegs 174 persone, insluitend 22 van die 29 bemanningslede, het die ramp oorleef. Meer as 260 mense is dood en ongeveer 40 word nog vermis.

Die 53-jarige vrywilliger het Dinsdag in ʼn hospitaal gesterf nadat hy sy bewussyn verloor het. “Hy is die eerste van die reddingswerkers wat in die soektog omkom. Dit was die man se eerste poging om aan die soektog deel te neem,” het Ko Myung-seok, woordvoerder van die regering se taakspan, in ʼn verklaring gesê.

Duikers moet deur die drywende puin en in die donker na die slagoffers se liggame soek. Die doolhof van gange bemoeilik die soektog verder.

Ondersoekbeamptes het die eerste persone in hegtenis geneem wat nie aan boord die Sewol was toe dit gesink het nie. Die drie persone word beskuldig van nalatigheid oor die manier waarop hulle vrag op die veerboot hanteer het.

Altesaam 19 mense, waaronder 15 bemanningslede, is al in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die onbehoorlike stoor en oorlading van vrag het vermoedelik daartoe gelei dat die veerboot gesink het. Die veerboot het glo 3 608 ton vrag vervoer, meer as drie keer die gewig wat toegelaat word. -SAPA

Lees ook:
Video: Kaptein verlaat sinkende veerboot
Veerbootramp: Duikers begin lyke verwyder
Veerbootramp: Kaptein, bemanning vas
Adjunkhoof pleeg selfmoord na veerbootramp
Nog 107 vermis ná passasierskip omslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.