Duisende dakloos weens ergste vloede in 50 jaar

Naamborde in Sydney byna heeltemal onder water (Foto: Saeed Khan, AFP)

Die vloede wat die Australiese ooskus die afgelope naweek getref het, word beskou as die ergste vloede in meer as 50 jaar in dié gedeelte van die land. Duisende inwoners is reeds na veiligheid gebring en weerkundiges voorspel dat swaar reën nog vir ʼn paar dae sal voortduur.

Maroela Media het vroeër berig die Warragambadam, wat ʼn groot deel van Sydney van drinkwater voorsien, het Saterdagmiddag weens swaar reën oorgeloop. Vloedwaters het in verskeie gebiede aan die ooskus gestyg en in massa-ontruimings is tot ongeveer 18 000 mense na veiligheid gebring.

Sommige gebiede het binne ’n week ’n meter reënwater aangeteken, wat gelykstaande is aan twee derdes van die normale jaarlikse reënval.

‘n Huis onder water in ‘n residensiële gebied naby Windsor (Foto: Saeed Khan, AFP)

Amptenare het ook gewaarsku dat die Hawkesburyrivier na verwagting sy hoogste vlak sedert 1961 kan bereik.

Gladys Berejiklian, die premier van Nieu-Suid-Wallis, beskryf die vloede as katastrofies. Sy sê owerhede verwag dat nog sowat 15 000 mense binne die volgende 24 tot 48 uur na veiligheid gebring sal moet word.

Inwoners in ‘n boot nadat hul residensiële gebied oorstroom het (Foto: Saeed Khan, AFP)

Nooddienste het reeds op meer as 10 000 noodoproepe gereageer. Tot dusver is geen sterftes of ernstige beserings aangemeld nie.

Duisende inwoners is dakloos gelaat omdat hul huise onder water is. Van die inwoners is ook sonder krag gelaat en energieverskaffers het gewaarsku dat elektrisiteit eers later in die week in sommige gebiede herstel kan word.

Talle paaie is oorstroom wat van die inwoners gestrand gelaat het.

Inwoners van ‘n residensiële gebied in Windsor sit gestrand (Foto: Saeed Khan, AFP)

Boonop het die buitengewone weerstoestande ook die verspreiding van die Covid-19-entstof gekniehalter.

Weerkundiges voorspel boonop dat nog swaar reën tot Woensdag in die gebied kan uitsak. Waarskuwings is ook uitgereik vir gebiede – soos die suidkus van Sydney – wat tot nou toe nog nie deur die stormweer en vloede geraak is nie.

Wetenskaplikes het gewaarsku dat Australië gereelde en meer ekstreme weersomstandighede as gevolg van klimaatsverandering kan verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phillip ·

Watter Wind Vuur is nie jou maat nie jy het geen beheer oor die 3 nie

Richardt ·

Ai die wetenskaplikes se onbevraagtekende kundigheid darem:
“Wetenskaplikes het gewaarsku dat Australië gereelde en meer ekstreme weersomstandighede as gevolg van klimaatsverandering kan verwag.”

As jy nou vroeër in die berig lees en sien dis die ergste sedert 50 jaar gelede, dan wonder ek wat die wetenskaplikes van 50 jaar gelede gesê het.
Wat het hulle dus in die vroeëre 1970’s blameer?
Miskien het hul toe gedink en gepostuleer dat dit die gevolg van die Vietnam oorlog moet wees?
Dalk ‘peak oil’?

Richardt ·

Vervolg:
Maar dood moet ‘n oorsaak hê, wat elkeen wat op ‘n blik kan slaan en terselfdertyd op ‘n podium kan staan en almal vreesaanjagend kan aanmaan, vrugvol en deeglik misbruik… om vir ‘n oomblik in die kollig te kan staan…
I’m ‘n poet and I did not even know it. I made a rhyme every time…
Sekerlik moet dit aandui dat inenting die aangewese weg is?

Miskien was daar ‘n werklike insigvolle wetenskaplike 50 jaar gelede, wat dringend gewaarsku het dat daar weer oor 50 jaar ‘n soortgelyke oorstroming kon plaasvind as gevolg van natuurlike siklusse..?

Barend ·

Jammer ek het nie jou booskap gelees voor ek myne gestuur het nie. Stem heeltemal saam. Hier in Centurion word daar onder voormalige vloedlyne gebou. Dan sê almal weer hoe erg dit was want dit vat nou huise saam.

Keith ·

In the ’60s and’70s “scientists” were talking about a new “cooling” climate cycle and the possibilty of a new “ice age” , according to various newspaper reports back in those days, and “they” blamed catastrophies on that theory. Tony Heller has a YTube channel which exposes all the lies and manipulation of data about “climate change”. “Covid” took our eyes off the “Climate Change” debate… for a while. Either way, the Elitists get richer through inventing new taxes and “hurdles” whilst the middle-class and lower… lose jobs and get poorer.

Barend ·

As dit die ergste in 50 jaar is, het dit al voorheen plaasgevind. Dis nie ‘n nuwe ding nie. Die media is nou net meer doeltreffend.

Smurf ·

So n ruk gelede het alles daar verbrand en nou verspoel hulle weer…dit is baie erg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.