Twee liggame is Dinsdag naby ʼn drein in die vloedgeteisterde Townsville in Australië gevind terwyl die land se eerste minister die omvang van die skade probeer bepaal ná ongekende stortvloede.
Die polisie wou nie dadelik mediaberigte bevestig dat die twee persone die twee mans is wat tydens die vloede in Aitkenvale in Townsville verdwyn het nie.
Owerhede het Townsville-inwoners gemaan om nie in die vloedwater te swem nie, omdat krokodille en slange in Townsville-woonbuurte opgemerk is.
Vloedwater het Dinsdag in Townsville begin daal, maar reën deurnag het tot kitsvloede in noordelike dele gelei en owerhede het inwoners gewaarsku om na hoogliggende gebiede te skuif.
Eerste minister Scott Morrison het ʼn nuwe behuisingskema besoek waar talle huise oorstroom is en meer as 1 000 persone in ontruimingsentra skuil.
“Dit is oorweldigend,” het Morrison gesê. “Ek dink mense ly aan skok.”
Morrison wou nie sê of die reën, wat as ʼn een-keer-in-ʼn-honderd-jaar-gebeurtenis beskryf word, ʼn teken is van klimaatsverandering nie.
“Ek dink nou net aan ondersteuning vir die inwoners van Townsville. Ek wil nie vandag gesprek voer oor groter beleidsdebatte nie.”
Owerhede is dankbaar dat die reën nie Ross River-dam se vlakke verhoog het nie. ʼn Ongekende hoeveelheid water moes vandeesweek uit dié dam vrygelaat word.
Ongeveer 500 huise en ondernemings in die stad van 230 000 inwoners is oorstroom. Dié getal sal na verwagting verhoog terwyl opruimingsaktiwiteite voortduur.
En ‘n paar honderd km van Townsville is die grootste droogte sederd aantekeninge gehou word. Die een rekord maksimum temperatuur na die ander word in Australië aangeteken.
Ons Koning is oppad………