Duisende teken petisie ná klapper in hond se bek ontplof

Dit gaan na verwagting baie lank duur voor die hond ten volle herstel. Foto: Care2 Petitions

Meer as 180 000 diereliefhebbers wêreldwyd het ʼn aanlynversoekskrif geteken waarin hulle daarop aandring dat kinders wat ʼn hond mishandel het, berading kry.

Talle kinders in die stad San Lorenzo in die Suid-Amerikaanse land Paraguay was nie bloot tevrede om klappers op Oujaarsaand aan te steek nie, skryf die organiseerders van die petisie; daarom het hulle die vuurwerk op ʼn niksvermoedende hond gebruik.

Luidens berigte was die groep kinders met die vuurwerk aan die speel toe hulle ʼn hond gewaar het. Hulle het haar nadergelok en haar ʼn klapper aangebied wat toe reeds aangesteek was.

Soos honde maar maak, het sy die klapper in haar bek opgetel. Oomblikke later het dit ontplof en die hond met ernstige beserings gelaat.

ʼn Weldoener het die beseerde dier na ʼn veearts geneem, maar sy het talle frakture in haar bek opgedoen, wat lank sal vat om te genees.

Die organiseerders van die petisie meen al is die oortreders in dié geval kinders, wat gevolglik nie soos grootmense gestraf moet word nie, moet hulle dringend hulp kry om te keer dat hulle weer so iets aanvang met diere óf mense.

“Dis ʼn bewese feit dat mense wat diere mishandel dikwels daartoe oorgaan om mense te mishandel. Daarom is dit uiters belangrik dat amptenare hierdie kinders help verstaan dat hul optrede verkeerd was en hulle die berading te bied wat hulle nodig het.”

Die versoekskrif is Saterdag gesluit nadat die mikpunt van 200 000 handtekeninge bereik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Pietdw ·

Baie hardseer, maar niks teenoor wat hier op ons dorp Worcester, nuwejaar gebeur het nie. Ons lewe in ‘n siek wêreld! Lees bietjie die week se Worcester Standard.

Paul ·

Dankie Saartjie, as hierdie nie die wêreld tot in haar skoene skud nie, wat sal, of is die mens dan so afsydig en gevoelloos, net eiebelang wat tel?

Mens voel baie keer jammer dat God die mens aangestel het om oor die aarde toestig te hou.

Anoniem ·

Daai kinders kort ‘n deeglike pak slae!!! Watse nonsens is kamstige berading!!! Die hond kort berading! Hulle het baie goed besef wat die gevolge van hulle daad is. Sommer tronkstraf ook..

marous ·

Petisies beteken niks . Foeter hulle pimpel en pers met ‘n rottang .

Wilmarie ·

Ek stem saam jou. Dit is bitter wreed wat hulle met daai arme,arme dier gedoen het!

Asjas ·

Dieremishandeling gaan gewoonlik oor in mense moord, so ja, gee hulle die doodstraf sommer nou en spaar die hele wereld groot hartseer later.

Paul ·

Dit is skrikwekkend om te sien wat mense kan aanvang. Kyk maar hier by ons in die land hoe gaan dit oor die groot dae. Diere liefhebbers en die ‘Groenes’ word vir hul uitsprake en aktivisme deur sekere mense verguis, ook as dit by die stroop van olifante en renosters kom, geblikte leeus, dan is ons mos die vark in die verhaal.

IK ·

Daarom sê ek (MM wil dit nie plaas) dat daar is ‘n ander plek waar hierdie klappers ingedruk moet word. Dit sal sommer die klank ook demp.

Piet ·

Jy laat my sidder. Doodstaf vir kinders oor n hond? Wa gaan die mens heen?

Jaco ·

Mense wat diere mishandel, gaan waarskynlik mense ook mishandel. Elimineer diesulkes dus sommer vroeg al om verdere insidente te voorkom. Permanent

Chris ·

Ek wens die regering wil my aanstel as die Minister Van Tugtiging, sal ek nie ‘n fees hê nie!

Cherokee ·

Dalk gaan die mense jou dan saam met die kinders stuur vir berading. Soos marous sê, laat ‘n rottang die berading doen.

Chris ·

Cherokee, vat hand lei my oor die rand se kant … daar waar die Boesmanland lê … en daar waar hulle nog respek vir die natuur het.

Oop oge ·

Berading het die plek van God se Woord ingeneem. Alle antwoorde en oplossings lê daain opgeteken, maar helaas die mens is “slimmer” en reken hulle sielkunde is n beter opsie as die Bybel. Die mens sal maai wat hy saai en die verrotting van die mensdom is n bewys daarvan. Geen verskoning ….

Jaco ·

Geen probleem indien een verotte mens verrot optree teenoor n ander verrotte mens nie. Maar indien diere daaronder ly, gaan berading of n Bybelvers nie help nie. Verwyder sulke mense uit die samelewing. Permanent.

Foxi ·

WREED WREED WREED!!! Die kinders mies 6 van die bestes gekry het man! Hemel tog!

Lulu Joubert ·

Straf hul met gemeentskapsdiens by DBV’S en hul moet hul sakgeld indien enige afstaan aan diere beskerming. Beboet die ouers want waar was dié toesig tydens die hanteer van vuurwerke!

Petro Smit ·

Sluit hul toe… Gooi die sleutel weg… Geen kos vir hulle…

Jeremia ·

Voorsien probleme oor hoe daardie kinders gaan uitdraai.
Tensy daar ‘n drastiese ingryping is nie kan die samelewing verwag dat hulle diere en waarskynlik mense sal mishandel.
Hier te lande is die uitgangspunt (ook) dat diere mindere wesens is. Die skeppingsopdrag in Genesis is baie meer as net om te vermeerder. Trouens hierdie aanstelling oor die skepping is ‘n baie groot verantwoordelikheid. Meeste verstaan dit nie of verstaan dit gerieflikheidshalwe verkeerd.
En Salomo maan teen wreedheid teen diere.

Miles ·

Julle kan GOD dank julle is nie in SA .. Ek sal julle kom vernietig… Ek sal pesoonlik sorg julle ly glo my. Basterd.

sussie ·

Dan vra mense nog hoekom daar so baie mense honde aanneem maar feitlik niemand wil kinders in pleegsorg neem. Wie wil ander mense se stout blerrie kinders probeer opvoed.

Marinda ·

Don’t do to others what you don’t want done upon yourself.

Tsotsie ·

Aiai ek woonagtig in daspoort en dit was nag hier van kersfees tot 5 January
Ek het 2 honde en 3 katte wat dit totaal verloor het so ek my hande vol gehad
Ek haat vuurwerke ?
Elke jaar gaan daar so streng opgetree word teen skuldiges maar nog nerens gelees iemand beboed of toegesluit nie
So my wens is dat die vuurwerk fabriek in vlamme opgaan
Jip slag my maar ek wens niemand dood nie ????

Wilmarie ·

Slaan hulle g@tte aan die brand! Berading nogal? Berading se g@t,man! As hulle oud genoeg is om met vuurwerke te speel en aantesteek, is hulle defnitief oud genoeg om te weet dit is VERKEERD om dit met die arme dier te doen.

R ·

Doodstraf? Rerig? Die mense wat dit voorstel het seker nie kinders nie, hulle het die wat hulle gehad het seker as babas dood geslaan oor onbenullighede. Verdien daai kinders ‘n ordentlike pak slae? Definitief, maar om hulle te wil opsluit of doodstraf gee is mos te ver gaan. Ses van die bestes, en ‘n paar maande diens by ‘n DBV of êrens soortgelyk gaan hulle mos baie beter leer hoe om diere met respek te behandel. Dis mos ons as volwassenes se plig om kinders reg op te voed, nie hulle agter slot en grendel weg te sluit as hulle droogmaak nie. Ek dink egter nie daar is enige plek waar dit geskik is om vuurwerke af te skiet nie, en glo ook dat die verkoop daarvan gestaak moet word.

C ·

Wens die arme hond kon dit met daai kinders doen.Geen berading nie en ook nie doodstraf nie, net ‘n verminkte gesig wat hulle heeltyd remind

Piet ·

Die bybel is nerens vol lof vir honde nie, inteendeel word slegte mense met honde vergelyk.

Openbaring 22:15 “ buite is die honde ………..

Wilmarie ·

Dit gee NIEMAND GEEN REG,OM ENIGE DIER TE MISHANDEL NIE!!

Allen ·

Dit is darem baie wreed, hoekom hou hulle dan diere aan as hulle nie die dier kan waarder nie, ek hoop die DBV intree hier in en lê hulle die swaarste stef op wat daar is ,

Miekie ·

As ‘n hond ‘n kind byt word die hond van kant gemaak. Die arme hond sal hy/sy weer kan eet. EK HAAAT VUURWERKE en onbehulpe ouers. Gewoonlik staan op die vuurwerke onter ouers se toesig????????????????????????. Petisie teken niks. Ek het al 20 jaar terug een geteken in ‘n platelandse dorp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.