Duisendes se DNS getoets sowat 20 jaar ná seun (11) se moord

Nicky Verstappen. Foto: Facebook (
Onderzoek Nicky Verstappen)

Duisende mans in Landgraaf in Nederland se DNS sal getoets word sowat 20 jaar ná Nicky Verstappen (11) se liggaam naby die Duitse grens gevind is.

Die owerhede in Landgraaf het 21 500 mans tussen 18 en 75 jaar oud gevra om vrywillig hul DNS-monsters vir die ondersoek te verskaf.

Die DNS-monsters sal vergelyk word met dié van ʼn man wie se DNS op Verstappen se liggaam  aangetref is.

Met behulp van die DNS-monsters sal owerhede die moontlike oortrederslys probeer korter maak deur hopelik ʼn familielid van die oortreder op te spoor.

Verstappen het in 1998 spoorloos verdwyn by Brunssummerheide op die grens tussen Nederland en Duitsland en is as vermis aangemeld.

Sy liggaam is ʼn dag later gevind. Hoewel die amptelike rede vir sy dood nooit verskaf is nie, neem die owerhede aan dit was moord.

Die DNS-toetse sal glo tot middel Maart gedoen word en die teikengroep is mans wat in Augustus 1998 in die omtrek van die misdaadtoneel gewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sê maar net ·

Maroela, julle moet asb let op wat julle berig. Die moord is 20 jaar terug gepleeg, hoekom sal hulle mans toets wat nog nie eers gebore was nie?
“21500 mans tussen 18 en 75 jaar oud”

Landi Slatter ·

Dagsê Sê maar net

Dankie vir jou kommentaar. Ons verwys jou graag na dié sin: “Met behulp van die DNS-monsters sal owerhede die moontlike oortrederslys probeer korter maak deur hopelik ʼn familielid van die oortreder op te spoor.” Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Monica Britz ·

Lees mooi……die berig sê ook dat hulle hoop om dalk ‘n familie lid op te spoor (seun dalk) en dus is dit nie ongewoon om mans vanaf 18 te toets nie.

Bioloog ·

Ja maar dna analise tegnologie begin nou eers bekostigbaar word. Ons moet dit in SA ook aangryp om misdaad en gesondheid aan te spreek.

Valerie ·

Jenny, nee, my kommentaar was maar net tong in die kies, en ek het gedink lesers sou dit kon sien. Maar 21 500 DNS toetse is . . . overkill, eh?

Sue ·

Dit is bietjie buitensporig maar as hulle ekonomie dit kan bekostig, waarom nie. Ek dink nogal dit sal vreeslik goed gewees het as ons “overhede” met registrasie van jou identiteid vir jou ID kaart (destydse boekies) sommer DNS monsters kon neem, analiseer en saam jou inligting op sisteem hou. Dit sou geld kos, ja, tyd ook maar ons belasting geld word in elke geval so misbruik, waarom dit nie op iets daadwerklik spandeer nie.

Nita ·

Overkill in ons oe, ja, waar 10talle mense daagliks vermoor word. Maar onder beskaafde mense, waar n paar moorde per jaar plaasvind, tel n menselewe nog en kan moeite gedoen word om n satanskind aan die pen te laat ry.

aloys ·

In Nederland is dit nou toegelaat om ondersoek toe te staan met DNA verwantskap. Onlangs is in Des.2017 die dader van die moord in 1992 op die 19 j. Millica van Doorn gevind. Een 47j huisvader met 4 kinders en hy het nimmer gepraat nie!
En inmiddels is daar al meer langjarige moorde van tot 30 jare terug opgelos. Dis baie suksesvol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.