Duitse boer beboet oor werker se afsterwe

Argieffoto

ʼn Duitse boer is beboet ná ʼn Roemeniër op sy plaas gesterf het, vermoedelik weens uitputting.

Die boer, van Freiburg in die suidweste van Duitsland, is daarvan beskuldig dat hy die Roemeniër en sy swaer gedwing het om sakke hooi, wat altesaam tussen 800 kg en 900 kg weeg, op ʼn wa te laai in die bloedige son, sonder enige ruskans of water. Die werker het weens sonsteek en uitputting gesterf.

Die saak van nalatige manslag is teruggetrek nadat die hof gesê het die 48-jarige boer se skuld kan nie bewys word nie. Hy moet egter ʼn boete van €8 000 (R120 000) betaal: €6 000 (R90 000 vir die werknemer se weduwee) en die res vir regskoste.

Die boer het die staatsaanklaer se weergawe van die gebeure ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lion ·

Is sulke dinge dan moontlik, om mense so te laat werk. Die arme mens shame..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.