Duitse egpaar verhoor oor babalykies

Andrea G. bedek haar gesig in die hof. Foto: Daniel Karmann/dpa via AP

Andrea G. bedek haar gesig in die hof. Foto: Daniel Karmann/dpa via AP

ʼn Egpaar se verhoor het in Beiere, Duitsland, begin nadat agt babalykies in hul woonstel gevind is.

Die lykies is in November in die egpaar se woonstel in Beiere gevind. Die 45-jarige ma, geïdentifiseer as Andrea G, staan tereg op vier aanklagte van moord. Haar 55-jarige man, geïdentifiseer as Johann G, word aangekla van medepligtigheid.

Staatsaanklaers kon nie bevestig of vier van die babas wel lewend gebore is nie, en die ma staan om dié rede net op vier aanklagte van moord tereg.

Die ma het aan die hof gesê sy het die agt pasgebore babas in handdoeke toegedraai en weggesteek, ongeag of hulle tekens van lewe getoon het.

Die egpaar het drie ander kinders en elkeen het ook twee ander kinders uit vorige huwelike.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wipgat ·

Siek, siek, siek! Daai arme babatjies het nie gevra om hier te wees nie. Hoop hulle word toegesluit en die sleutel word weg gegooi.

Se maar net ·

Ek sal dit net nooit verstaan nie. Waarom nog kinders maak as jy nie na 1 kan kyk nie.
Draai hulle ook maar toe in komberse en vergeet van hulle.

Natasha ·

Dit is vir my baie erg wat mense als aan onskuldige babas doen. Dit maak my so seer tot diep binne in my. Ek sal dit nooit verstaan nie. Dit vat n baie siek persoon om daai klein ou lyfies seer te maak of dood te maak. Ek as ma van n baba seuntjie wil als in my vermoë doen om my seun te beskerm. Ek lewe met n permanente vrees vir my kind se veiligheid in hierdie land. Ek kan nie verstaan hoe dit moontlik is dat ander nie dieselfde voel nie. Dat hulle nie hulle baba lief het nie. Mag ons Hemelse Vader ons help. Hierdie wereld is siel. Net Hy kan ons help.

marianne ·

Genade!!!!
Die mense is mal en barbaars!!!!
Hoe het niemand agter gekom daar gaan iets baie weird aan nie???
Daardie plek moes gestink het!
Ek hoop die ander kinders word in ‘n tehuis opgeneem word.

plaasjapie ·

Ja nee hulle in tronk hoort….
Net soos daai 15-20 despote wat die arme wit outjie doodgeslaan het.

lizaan ·

Hi nee sies dis so onregverdig ek Kan nie kinders kry nie weens my motor ongeluk Liefie Jesus sal jou straf jou monster…

Denie ·

Hoekom het die man nie net vir n vasektomie gegaan nie so vinnig is hulle simpel wat soort ouers is hulle nee dit is moord !!! Ek wonder net hoe slaap hulle en kan jy regtig aan gaan met jou daaglikse lewe as jy so wreed is ek is GESKOK!!!!

Denise ·

Die man kon net vir n vasektomie gegan het hoekom so wreed wees watse voorbeeld is hulle vir die kinders slaap hulle snags!!!

Charmaine ·

Dis barbaars, hulle moet in handoeke toegedraai word ook nie omgee of hulle asem haal of nie, hoe kan jy n pa en ma wees vir al die ander kinders, lag en gesels maar in die kamer le jou ander 8 kinders….hoe het julle geslaap in die aand met die wete daai babas is in julle huis, en blykbaar vergeet julle daar is IEMAND wat julle gesien het, wat daai kosbare geskenkies net vir julle geleen het. Siek man, weet mens mag nie wens en begeer nie, maar sou so graag die Karma Koets wou ry!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.