Duitse kanselier kondig uittrede aan

Angela Merkel, die Duitse kanselier. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, het Maandag haar uittrede as bondskanselier aangekondig.

Volgens Merkel is dit haar laaste termyn as kanselier en sal sy haar ook nie weer in Desember as voorsitter van haar party, die Christen-Demokratiese Unie (CDU), verkiesbaar stel nie. “Dit is vandag tyd vir my om ʼn nuwe hoofstuk te begin,” het Merkel gesê.

Sy was sedert 2005 kanselier van Duitsland. Dié aankondiging is wyd as onverwags bestempel en talle meen dit is aanduidend van Merkel se verswakkende mag binne haar eie partye en kwynende gewildheid in die land.

Merkel se verklaring het gekom na afloop van ʼn partyvergadering ʼn dag ná die staatsverkiesing in Hesse, waar die CDU ʼn erge terugslag beleef het deur net 27% van die stemme te behaal. Dit is ʼn skerp afname van die 38,3% vyf jaar gelede.

CNN berig Merkel het gesê sy stel ook nie belang om enige ander politieke amp te beklee nie. Sy het aan verslaggewers gesê om kanselier te wees, is “ʼn baie uitdagende en vervullende taak”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

PJC ·

Geen leier behoort so lank aan bewind te bly nie. Sy het destyds goed begin maar stelselmatig het haar besluite al hoe meer omstrede begin raak.5

Tiaan ·

Sy het Duitsland in die gemors gedompel en die grense oopgemaak vir terroriste. Haar nalatenskap is een van wanhoop en onveiligheid.

humor ·

Ek glo nie die Duitsers het braaivleisvure wat hoog brand nie, maar ek is seker daar is duisende bierbekers wat in oorvloed hoog gelig word.

waarheid ·

Uiteindelik!!!
Sy het soveel skade aan die Duitsers aangerig.
Dankie tog!!
Geluk Duitsland ek vier saam met julle!!!!!!!

Staak saam ·

En so val die pilare wat liberalisme so hoot hou een na die ander.

Dit moet ook net hier gebeur!!!

Hanna Hoekom ·

Hoop sy vat die miljoene “vlugtelinge” wat Duitsland, onder haar leierskap, ingebring het saam met haar uit. Die Duitsers het n duur les geleer wat blykbaar nie n einde in sig het nie…

John ·

Duitsland het haar met rede gekies en verdien haar al die pad. In haar termyne het Duitsland stil-stil Europa via die EU oorgevat en raai toe van uitlanders (en dis toe nie Jode nie) haar landjie oor. Ons wonder net waarheen die Nazi-nasate sal kan vlug as Duitsland te warm word. Moenie Israel probeer nie.

Arak ·

Ai John, van waar hierdie vreugde in ‘n ander se leed? Het ons nie genoeg probleme van ons eie nie?

Niklaas ·

Wat het sy verwag met haar besluite aangaande daai vlugtelinge ? Dit kon dit sien kom het. Die gewone Duitsers was nooit mal oor die toename in misdaad nie. Wou sy die planeet se groot humanitêre figuur wees. Byebye Angela.

Marthinus Willemse ·

Dis werklik jammer. Vir my het sy vertroue ingeboesem met haar gesonde verstand, en moraliteit wat nie aanpasbaar was volgens omstandighede nie. Sy het nie dinge gesê en gedoen wat gewild was nie, maar wat nodig was, al het dit gesny.

Toe sy gevra is hoe sy die Duitse Christelike kultuur beskerm teen al die islamitiese vlugtelinge, was haar antwoord, “Ons het godsdiensvryheid. Maar, as julle bang is vir Moslems wat gaan oorneem, waarom gaan julle dan nie meer kerk toe nie, en is julle nie meer so Bybelvas nie?”

Met die Oekraïne krisis (2013 tot 2016 op sy ergste) was ons baie na aan `n wêreldoorlog. Angela Merkel, Wladimir Poetin en Francois Hollande was `n kragtige trio, wat Europa en die wêreld met die Minsk-ooreenkomste voor `n dreigende oorlog weggeruk het. Daarvoor verdien hulle drie, maar veral Merkel as die dryfveer, die Nobel Vredesprys.

Sy en Wladimir Poetin kom baie goed oor die weg; hy is lief om vir haar blomme te gee. Dit is(was) glo ek, `n belangrike agterdeur vir Rusland, om te sê hoe hulle voel, terwyl Amerikaanse bombasties politici horende doof was.

Onder haar bewind is Adolf Hitler se Mein Kampf weer te koop (weliswaar `n “kritiese uitgawe” in twee bande), en sy het by sekere geleenthede om verskoning gevra vir die oorlog wat Hitler begin, en die skade wat Duitsland aangerig het.

Europa het min politici met goeie verstand. Nou verloor hulle hul briljantste lid. Ek voorsien swarigheid.

Tiaan ·

Klink eerder asof sy na almal omgesien het behalwe die christelike duitsers.

AJ. ·

Ek is net so jammer dat sy bedank het. Dit moes al 3 jaar gelede gebeur het. Sy is die oorsaak van miljoene onwettige vlugtelinge in Duitsland en omligende lande. Duitsland moet nou hul grense sluit en al wat n` vlugtelingis terug jaag waar ookal hulle vandaan kom.
Hulle is die grootste verteerders van Duitsland en hulle ekonomie. Elkeen van hulle ontvang oor die 400 Euro per maand om moorde te pleeg ed die jong dogters in Duitsland te verkrag, om hulle nasie daar te versterk. Oor die afgelope naweek het 15 van hulle n` 18 jarige kind herhaaldelik verkrag, maar ons hoor nie daarvan in ons land nie. Ons hoor nie eers van die plaas moorde wat in hierdie land gepleeg word nie. Ek stem saam met Humor. Kom ons hou ons bekers hoog. Hoop dit gebeur in ons land ook.

nico k ·

Ek stem heeltemal saam met Marthinus Willemse. Die mense wat haar as liberaal uitmaak weet duidelik nie wat in pilitiek aangaan nie. Die Christen demokrate is die meer konserwatiewe party tussen die belangrikste partye. En geen kommintator hierbo verstaan waarom sy die vlugetelinge toegelaat het nie. (My spelling van kommentator was aspris.) En ‘n bedreiging vir die Christendom in Duitsland is die Moslems nie. Die meerderheid mense gaan lankal nie meer Kerk toe in Duitsland nie.

Merkur ·

´n Mens hoef nie baie van politiek te verstaan om te erken dat Merkel ´n outokraat is nie. Sy is nóg liberaal, nóg konserwatief. As sy enige iets is, wat ek betwyfel, dan is sy links ekstreem. Die Christen Demokratiese Unie het as party geen profiel nie en is op die oomblik def nie konserwatief nie. En ook nie Christelik of demokraties nie. By die CDU is alles pille palle.

http://www.spiegel.de/politik/deutschland/armin-laschet-der-markenkern-der-cdu-ist-nicht-das-konservative-a-1194097.html

Donderstorm ·

Ek dink die mense moet bietjie navors wat die “linkse” se idees aan europa doen en hoekom hul dit doen verder se ek niks want dan is daar niks doen eers jul huiswerk doen navorsing die wie so erg vir haar is.

anton ·

nico.k………….ek gaan ongelukkig met jou verskil oor die moslems.
Hulle IS nie slegs n bedreiging vir die Christene in Duitsland nie maar wel ook n bedreiging vir die hele Europa asook die res van die wêreld.
Navorsing het bewys dat hulle in n dekade of 2 die hele wêreld gaan oor heers net met hulle getalle.
Hulle aanwas is baie baie meer as die westerse nasies wat al minder en minder kinders het.
En kan jy asb. vir ons sê waarom sy die vlugtelinge toegelaat het in Duitsland?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.