Duitse polisie slaan toe oor haatspraak op sosiale media

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Duitsland het Woensdag landswyd klopjagte gehou waar sosialemediagebruikers geteiken word wat haatspraak op Facebook en ander platforms gepubliseer het.

Die polisie het op sowat 60 verdagtes se huise toegeslaan, het die federale misdaadburo (Das Bundeskriminalamt (BKA)) in ‘n verklaring gesê. Dit hou verband met “verbale radikalisme” en verwante kriminele aktiwiteit.

Niemand is in hegtenis geneem nie, maar die polisie het beslag gelê op rekenaartoerusting, kameras en slimfone. Dit is die eerste massaklopjag van sy aard wat haatspraak aanlyn betref.

Meeste van die verdagtes is glo lid van ʼn neo-Nazi-Facebook-groep wie se gebruikers xenofobiese, anti-Semitiese of ander verregse boodskappe gepubliseer het.

Holger Muench, hoof van BKA, het gesê die polisie het “ʼn duidelike standpunt ingeneem teen haat en aanhitsing op die internet” wat te midde van die vlugtelingekrisis toegeneem het en die “openbare gesprek vergiftig”.

Thomas de Maiziere, minister van binnelandse sake, het gesê “geweld, insluitend verbale geweld in enige vorm en konteks” is “onaanvaarbaar”.

Heiko Maas, minister van justisie, het gesê druk neem toe op internetreuse soos Facebook, Google en Twitter om haatspraak te bespeur en dit te blokkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jaco ·

so haatspraak in duitsland is net wanneer sogenaamde neo-nazis lelike goed van jode, moslems, derde wereldse immigrante ens se. maar hierdie derdewereldse mense kan in hulle massas refugee status in duitsland kry en dan bomme plant. is dit maar OK? Europa moet net lank genoeg so politically correct wees, dan breek daar eendag onluste en geweld uit wat te veel gaan wees om te stop. maar dan sal dit te laat wees…

Denise ·

Dit is nou mense wat jy nie mee sukkel nie hulle praat nie!!!!

Liberaal ·

Ek dog Europa is so liberaal met hulle sogenaamde vryheid van spraak.

Piet ·

Vryheid van spraak is net aanvaarbaar wanneer die skrywer twak paat. Sodra mens naby aan die waarheid beweeg dan word jy gesensor!?

Westerse demokrasie uit die boek ·

Westerse demokrasie word gedefinieer as vryheid vir die massamedia en miljoeners daaragter om te sê wat hulle pas en vir die publiek om dit openlik te beaam.

Kulturele Libertaire ·

Mens moet eers ‘n paar vra vra voor mens standpunt inneem.

1. Is hulle uitlatings direkte aanhitsing tot geweld, misdaad en oorlog?

As dit so is, dan is dit regverdig dat die polisie aksie neem. As hulle uitlatings egter net hulle misnoeë uitspreek, dan is dit ‘n skending van hulle reg tot vryheid van uitlating. Meer as dit, is dit dan teen Facebook se privaatheidskode om hulle inligting aan die polisie bekend te maak.

Danie ·

Die Duitse regering besef nie dat nie-westerse mense, die mense is wat haat en rassiste is. Kyk wat doen hierdie nie-westerse mense. Die hele Weste lei aan ‘n illusie. Die westerse mense kyk na hulleself sowel as die res. Kyk wat doen die nie-westerse mense wanneer hulle in ‘n ander land/huis in stap. Hulle vat oor en gedra hulle met ‘n doelwitte om vir almal te wys daar is nie respek nie. Wat verwag jy? Moet die Duitesers liefdes betoon? Die konserwatiewe westerse mense is verligte mense wat nie aan ‘n illusie lei nie. As ek nie van die gedrag van ander hou nie en ek noem dit is dit rassisme en haatspraak kan jy dit glo. In Suid Afrika wil hulle wette instel teen wit rassisme. Jy mag nie meer sê jy hou nie van hulle as gevolg van hulle walglike kultuur en optredes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.