Duitse troepe na Mali gestuur

Die Duitse bondskanselier Angela Merkel. Foto: AP Photo/Markus Schreiber

Die Duitse bondskanselier Angela Merkel. Foto: AP Photo/Markus Schreiber

Duitsland gaan nog soldate na Mali stuur as deel van die Verenigde Nasies (VN) se betrokkenheid in dié land.

Die sowat 1 000 soldate sal dien as ondersteuning vir die VN-magte in Mali om die vredesooreenkoms te help onderhou. Die noorde van Mali het in 2012 in die hande van rebelle geval.

Die meeste soldate wat aan die VN-missie deelneem is boorlinge van Afrika, aangevul deur personeel van die EU wat omsien na toerusting soos helikopters.

Duitsland word al lank gekritiseer dat dié land te min hulp verleen aan die VN se vredesmissie in Mali. Mali word beskou as die belangrikste vlugtelingroete na Europa. Om dié rede het Angela Merkel, die Duitse kanselier, dié land verlede jaar besoek.

Tot en met die militêre staatsgreep in 2012 was Mali een van die min ware demokratiese Afrika-lande. Van 1992 tot 2012 was daar ʼn meerpartystelsel in Mali teenwoordig met vreedsame magwisseling na elke verkiesing.

Verskeie Moslem-groepe wat met Al-Kaïda verbind word het die noorde van Mali in 2012 onder hul beheer gebring. Moslem-ekstremiste het toe die wêreldkultuurerfenis in Timboektoe vernietig wat skokgolwe die wêreld ingestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

humor ·

kan soms ook die regte besluit neem. Volgens die foto wil dit voorkom asof sy nie goeie nagrus het nie.

Mielie ·

Liewe Angela, stuur asb. jou troepe na ons toe ook want ons word daagliks uitgemoor en vertrap.

marous ·

Mensig die vrou het ‘n snaakse tong wat sy uitsteek ! O gaats jammer , sien nou eers dis haar ken. Tong is seker in die kies oor die trojaane wat sy gehelp het om in haar mense se land in te kom….

Foto ·

Glad nie ‘n mooi foto. Geen wonder die nuusmedia word beskou as jagtende na sensasie.

Cherokee ·

Ek dink dit is ‘n photoshop-jop om haar mismaak te laat lyk. Dit lyk werklik soos ‘n vorige leser skryf, na ‘n tong.

John ·

Sy mag dalk so lyk na hierdie dwase besluit ~ nog een van haar vele. Die Duitsers glo steeds hulle is die superras wat slimmer en beter is as die res. Hul kennis van Afrika is zero en hulle sit reeds met miljoene vlugtelinge uit ander lande waar soortgelyke probleme gedy. Het hulle daar die probleme oogelos? Nee. Inteendeel, hulle sorg nou vir daardie lande se inwoners. Dis bloot bemoeisiekheid, ‘n trappie na verheiliging deur die pous vir die Duitse ‘engel’ of eerder ‘n voet in die deur na oliebronne in Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.