Steffen Pfeiffer, van Freiberg am Neckar, sal Vrydag uit Frankfurt vlieg om Sondag sy tog in Noorweë te begin. Hy beplan om die afstand binne drie jaar af te lê tydens sy “Walk4Water”-toer deur meer as 30 lande oor drie kontinente. Hy wil bewusmaking skep oor watertoegang en geld invorder vir die stigting.
Pfeiffer sal deur Europa na Turkye stap en dan na Oman totdat hy uiteindelik Kaapstad in Suid-Afrika sal bereik.
“Water is Right” is deur Rolf Stahlhofen, ʼn lid van die Duitse musiekgroep, Sons of Mannheim, tot stand gebring. Stahlhofen beplan om teen 2025 te verseker dat elke skool in die wêreld gratis toegang het tot drinkwater en behoorlike sanitasie.
Jy verdien groot lof vir hierdie prysenswaardige poging. Maar ai, beplan tog n ander roete as Suid-Afrika. Hier kan jy vining verdwyn en die water nog steeds vir dekades besoedel wees.