Duitsers besorg oor staatspensioen, armoede op hul oudag

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Minstens die helfte van Duitsers is bekommerd dat hulle op hul oudag arm sal wees, maar bykans dieselfde hoeveelheid persone glo hulle beskik nie oor die middele om enigiets daaraan te doen nie.

Volgens die uitslag van ʼn meningspeiling wat Deutsche Bank Woensdag in Frankfurt aangebied het, het die persone besef dat hul staatspensioen nie voldoende gaan wees nie. Altesaam 3 200 persone het aan die opname deur die Ipsos-instituut deelgeneem.

“Ons beleef dat daar nie baie vertroue in die staatspensioen is nie,” het Thomas Hoerter, hoof van marknavorsing by Deutsche Bank, gesê.

Slegs 17% van die persone tussen 20 en 65 jaar oud verwag dat die staatspensioen voldoende sal wees op hul oudag. Ongeveer 70% glo dat slegs die basiese deur die staatspensioen gedek sal word.

Altesaam 54% van respondente glo dat die staatspensioenskema in ʼn stadium heeltemal in duie sal stort.

Ongeveer 71% van respondente glo dit is belangrik om bewus te wees daarvan dat privaat voorsiening vir jou pensioen nodig gaan wees om jou lewensstandaard te handhaaf.

Respondente belê maandeliks gemiddeld €50 vir hul pensioen, alhoewel hulle dink minstens €200 per maand is nodig. Byna die helfte van alle respondente (47%) sou graag meer wou spaar, maar hulle het nie geld oor in ʼn maand nie.

Nóg ʼn groot struikelblok is dat 56% van die respondente dink pensioenversekeringsprodukte is ingewikkeld en moeilik om te verstaan. Altesaam 36% dink die hele kwessie is heeltemal te ingewikkeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George in Bloem ·

En boonop moet die Duitse belastingbetaler ‘n paar miljoen immigrante ook huisves en voed danksy Merkel. Klonk maar baie soos hier waar ‘n handvol belastingbetalers 17 miljoen “grants” elke maand moet betaal wat eintlik sorg dat die korrupte ANC stewig in die saal bly in die regering. Dis ‘n verloor verloor situasie.

Tilla ·

Dan praat ons nie eers van ons in die privaat sektor wat geen pensioen en medies het nie

Marietjie Stander ·

Ons werk ons hele lewe lank vir ons land dan moet in armoede af tree. Dis nie moontlik om op n salaris te spaar nie. Die lewens koste is te hoog.

Kat ·

Ag neeee dit is dan so heerlik in Europa volgens baie Suid Afrikaners .. plant maar groente en hou ñ hoendertjie in die tuin aan . Dankie tog ons kan dit in SA doen

JohanR ·

Wag maar vir die dag dat die ANC begin om aan privaat pensioene te vat. Dit sal nog ‘n ANC sukses storie wees, om by al hulle ander suksese te voeg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.