Duitsers kan nou derde geslag kies

Argieffoto: Pixabay

Die Duitse parlement het vandeesweek ʼn wetswysiging goedgekeur wat voorsiening maak vir ʼn derde geslagsopsie op amptelike rekords.

Landsburgers kan nou kies om as manlik, vroulik of “divers” aangeteken te word.

Wetgewers moes dié wetswysiging aanbring nadat Duitsland se hoogste hof verlede jaar beveel het mense moet toegelaat word om te registreer as nie manlik óf vroulik nie. Owerhede moes óf ʼn derde geslagopsie inbring of geslagsrekordhouding heeltemal skrap.

Dit is voorafgegaan deur ʼn saak waarin ʼn persoon probeer het om die inskrywing op die geslagsregistrasie van “vroulik” na “inter/divers” te laat verander. Nadat die persoon onsuksesvol was, het die aansoeker die howe genader vir ʼn beslissing.

Tot nou was die enigste ander opsie om net nie die geslagsgedeelte op amptelike vorms in te vul nie. Regters het bevind wetgewing wat mense dwing om hulself as manlik of vroulik te identifiseer, is diskriminerend en ʼn oortreding van menseregte.

Deutsche Welle berig die “divers”-opsie sal intergeslagpersone – wie se seksuele anatomie nie aan die tipiese definisies vir manlik of vroulik voldoen nie – nou die geleentheid bied om as divers geklassifiseer te word.

Dié wetswysiging stem ooreen met soortgelyke registrasie in talle ander lande wat ook stappe gedoen het om ʼn derde geslag te erken, waaronder Oostenryk, Australië, Nieu-Seeland, Indië, Kanada en Portugal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

John ·

Geen wonder ons sonnestelsel is afgesonder nie! As jy op aarde beland is jy n foutiewe skepping!

AI TOG ·

Nou watse geslag sal jy dan nou wees?? Nuwe uitvindsel. Goeie genade!!

Loun ·

Beslis siek…..dis nou wanneer mense probeer God speel, kom ons maak n nuwe geslag…
Volgens die bybel bestaan daar net twee geslagte, manlik en vroulik.

ne ·

Seker makliker wanneer mense van dieselfde geslag wil trou! On Bybels.

Geregtigheid ·

Wil mense se dat die dokters met geboorte gelieg het? God het net twee geslagte gemaak. Die duiwel het die derde een bygesit.

Ralph ·

Sjoe en daar vind n slim duitse regter dat die wêreld en skepping na miljoene jare verkeerd is/was. Seker dan n “divers” regter.

Sê maar net 1 ·

Hoe weet jy nie asof jy manlik of vroulik is nie, gaan kyk in die badkamer.
Dis nie ‘n keuse nie.
Die opsie moet dan eerder lees ‘seksuele voorkeur’. Want dis seksualiteit nie geslag nie.

Dark One ·

Dit gaan juis oor intergeslag, wat nie ń keuse is nie, maar hoe ń persoon se geslagsanatomie biologies as fetus ontwikkel het. Lees maar die tweede laaste paragraaf van die berig weer mooi.

John ·

Is dit die land wat ook die Nazi-generasie opgelewer het? Kan ‘n wese ook ‘n paar keer herbesin? Aanvanklik besluit die Skepper aan watter geslag iemand behoort, dan besluit die persoon wat die bevalling hanteer aan watter geslag die nuweling behoort, dan besluit die ma/pa of hulle ‘n dogter of seun wil grootmaak en uiteindelik besluit de persoon self (op watter ouderdom en op gronde van wat, wat sy/haar/dit se geslag is?). Nou kan almal as ditte so voor die Olimpiese spele besluit om weer ‘n slag vroue te word en al die rekords te breek.

Ok ·

Net ‘n liberale sal dit verwelkom. Daai hof wat dit goedgekeur het is so Liberaal soos Lucifer.

Dark One ·

Lees die tweede laaste paragraaf tog deeglik: “wie se seksuele anatomie nie aan die tipiese definisies vir manlik of vroulik voldoen nie”. Die opsie “divers” is dus vir perone wat God met beide manlike en vroulike geslagsanatomie laat gebore word. Die fetus het nie besluit hy/sy wil met biologiese kenmerke van albei geslagte gebore word nie, dis maar hoe God besluit het. Begrippe hiervoor is hermafrodiet, dubbelslagtig en interseks.
Van die kommentaar bo spreek van onbegrip en ń ongenaakbaarheid teenoor ander. Dankbaar ek aanbid nie julle God nie.

Dark One ·

Wat van ń babatjie wat met kenmerke van albei geslagte gebore word?

J van Rensburg ·

Jy is dood reg Dark One,
My Figo het die selfde eienskappe as ń Land Cruiser (4 wiele, diesel engen, 4deure) en ek het so pas besluit my Figo is ń Land Cruiser, en as jy nie saam stem nie is JY verkeerd.

Johan ·

Ek verwag dat die ANC dit ook in Suid Afrika sal toepas…….
.

Daan Erasmus ·

Vir die vrees om gesensor te word noem ek nie ‘n naam nie. Maar nou kan olimpiese en ander atlete besluit watter geslag hulle is. Ons kan ook die vroue rugby span laai met “vroue” en niemand mag ‘n woord sê nie.

Valerie ·

Haha. Sonny Bill Williams gaan nou in die vroue reeks boks.

Agnes ·

Dit gebeur as n mens of nasie nie meer die Bybel as rigsnoer lees en uitvoer nie.

Kobus ·

Dalk is die moslems tog reg as hulle na die westerse wêreld as “infidels” verwys.

Stan ·

Ek kan nie glo dat daar mense is wat so naīef is nie! ANATOMIES, weet julle nie dat daar mense met manlik & vroulik geslagsdele is nie? Gaan google dit ‘n bietjie of praat met jou Dr hieroor voordat julle weer julle klippe gooi!

Piet Piet ·

Stem saam. Hier is n klomp oningeligte mense wat kommentaar lewer. Dit is hengse probleem vir ouers wanneer n kind tweeslagtig gebore word. Baie is al verkeerdelik geopereer met tragiese gevolge. Los hulle soos hul is.

Cherokee ·

So oningelig as kan wees, Piet Piet. Mense wat bloot agtermekaar aan praat Kan nie glo dat veronderstelde intelligente mense, nie besef hoe debatteerbaar dit is, nie. Ek het ook die berig met ‘n frons begin lees en toe besef dat as dit beredeneer sou word, ek nie daarteen sal stem nie. Ek sal nie die forum lees en kyk na watter kant die wind waai en dieselfde rigting vaar nie. Ek sal vir self besluit.

Valerie ·

Ja, sommige mense word met beide geslagsdele geboorte, maar om God daarvoor te blameer/krediteer is nie korrek nie; daar is biologiese en ander faktore wat daartoe bydra.
Maar ek sien loopholes in die besluit. Sommige webwerwe vra klaar is jy manlik, vroulik, of ander.

Wel, don’t drink and drive . . .

Dark One ·

Wie moet geblameer/krediteer word as ń babatjie volmaak gebore word (al die liggaamsdele, hoë intelligensie, gesond, ens.)? Sekerlik dan ook biologiese en ander faktore en nie God nie?

Valerie ·

So, jy probeer ‘n Calvinistiese/Reformeerde stelling inwerk. As God die “normales” maak wat van hulle later moordenaars word, ens., en Hy maak die met dubbele geslagsdele ook, maar met opset (jy ignoreer dus die duisende “environmental factors”; Chernobyl geboortes, ens., ens,) dan maak Hy mos ‘n fout, of hoe nou? Het Hy dus voor die fondasies van die wêreld gekied hoe gaan so en so gebore word? Snert.

Out of Africa ·

Bang vir al die papierwerk Louis? Of wil jy maar net aanhou braai en moan?

Adam ·

Daar is nog altyd ‘n geslag ” di vers” en die ander een is “di bul”

Katerina ·

Ek sou dink dat daar baie Baie groter probleme orals in die wereld is deesdae as wat ander mense hulself beskou mbt hul geslag. Sulke dinge traak my geensins. In case nobody noticed, this country is going to hell in a handbasket and we whites are facing genocide. Europa is onder volle aanslag van miljoene immigrante uit die Midde Ooste en Noord Afrika. Binnekort is Europa ook verlore. Die wereld brand, geweld en haat en armoede en sukkel vier hoogty..so dis vir my regig nie van enige belang as watter geslag iemand anders, vreemdelinge, identifiseer nie.

AW ·

According to the UN Office of the High Commissioner for Human Rights:

Intersex people are born with sex characteristics (including genitals, gonads and chromosome patterns) that do not fit typical binary notions of male or female bodies.

Intersex is an umbrella term used to describe a wide range of natural bodily variations. In some cases, intersex traits are visible at birth while in others, they are not apparent until puberty. Some chromosomal intersex variations may not be physically apparent at all

https://en.m.wikipedia.org/wiki/Intersex

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.