Duitsland berei voor om laaste kernkragsentrale af te skakel

Argieffoto: EDF

Argieffoto: EDF

Die laaste kernkragkragsentrale in Duitsland word teen 2022 afgeskakel.

Die koste vir die afbreek van ʼn kernkragsentrale en die berging van die kernafval kan miljarde kos.

Sigmar Gabriel, Duitse minister vir ekonomiese en energie sake, het dit duidelik gemaak dat die verantwoordelikheid vir die afsluiting by die energieverskaffers lê. Die vier grootste verskaffers van energie in Duitsland is E.on, EnBW, RWE en Vattenfall wat jare lank munt geslaan het uit kernkrag.

Die enigste haakplek is dat niemand werklik weet watter uitwerking die afsluiting op die koste van energie in Duitsland gaan hê nie. Daar is ook nog geen finale plek gevind waar die kernafval geberg kan word nie.

Duitsland fokus al ’n paar jaar lank op groen-energie wat veral nie skade aan die omgewing veroorsaak nie. Wind-, son- en waterenergie word aangemoedig. Na raming sal 10% meer krag as wat werklik nodig is in Duitsland geproduseer kan word net uit hernieubare energie.

Hoeveel Duitsland sal moet opdok vir dié soort energie is ook nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.