Duitsland is wêreldbekerkampioene

Philipp Lahm hou die Sokker Wêreldbeker omhoog Foto: @trophytour, Twitter

Philipp Lahm hou die Sokker Wêreldbeker omhoog Foto: @trophytour, Twitter

Duitsland het Sondagaand vir die vierde keer die Sokkerwêreldbeker omhoog gehou nadat hulle Argentinië met 1-0 geklop het.

Dit was ʼn spannende wedstryd, maar nie een van die twee spanne kon binne 90 minute ʼn doel skop nie, en moes uiteindelik van bykomende tyd gebruik maak.

Mario Goetze was uiteindelik in die 113’de minuut suksesvol met sy poging. Duitsland is die eerste Europese land wat ʼn wêreldbeker in Suid-Amerika kon wen.

Nederland het Brasilië Saterdagaand in die bronsfinaal met 3-0 gewen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Ons hoop so Theresa … sal dit nie wonderlik wees, wereld heen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.