Duitsland oorweeg dalk spoedbeperkings op autobahn

Argieffoto (Foto: Vladislav Bezrukov via Wikimedia Commons)

ʼn Kenner in verkeerswetgewing het die Duitse regering Woensdag gemaan om ʼn omvattende studie te doen te midde van ʼn debat of die land ʼn spoedbeperking op sy snelweë moet instel.

Ansgar Staudinger, hoof van die VGT- jaarlikse verkeerswetgewingkonferensie, het gesê die regering moet ondersoek instel watter impak ʼn spoedbeperking van 130 km/h op die autobahn sal hê op veiligheid en die omgewing.

Daar is nie tans enige “daadwerklike data” oor die kwessie nie, het die professor in verkeerswetgewing aan dpa-nuusagentskap gesê tydens die aanvang van vanjaar se VGT in Goslar, Duitsland.

Duitsland is bekend daarvoor dat hy op lang stukke snelweë nie enige spoedbeperkings toepas nie.

Die kwessie is baie verdelend in die land. Die ADAC- outomobiel assosiasie het onlangs gesê 50% van sy lede is gekant teen die instelling van enige spoedbeperking op die autobahn, terwyl 45% dié maatreël sou ondersteun.

“Indien ʼn studie wys dat ʼn 130 km/h-beperking voordelig is vir verkeersveiligheid en positief vir omgewingsbeskerming, sal ek ʼn spoedbeperking ondersteun,” het Staudinger bygevoeg.

Die ADAC het verlede week wegbeweeg van sy dekades lange algehele teenkanting teen spoedbeperkings en het eerder versoek dat nog navorsing gedoen moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ivan ·

Ja dis lekker om vinnig te ry, maar daar moet ook beheer wees.

netekalleen ·

Hopenlik steur hulle hul aan die beperking en maak nie soos in ons land nie

Hexadane ·

Ek glo hulle het te veel buite-landers wat nie omgee oor hulle pad reels nie. Soos by ons waar die verbysteek baan deur mense beset word en dan weier om oor te gaan na links, en nie plek te maak vir vinniger verker om verby te gaan nie. So baie kere ervaar ek die as ek tussen Limpopo en Gauteng ry.
Ek hoop ek sal nog Duitsland kan besoek voor daai wette oorgeskryf word.

Niel ·

sal graag daardie Autobahn wil beleef as passasier. Hulle moet net kyk na hulle statistieke rondom ongelukke met die geen beperking-bane.

Leon ·

Sjym, nou sal BMW, Mercedes, en Audio moet hulle motors afgradeer want die ouens kan nou nie meer die motors behoorlik gebruik nie. Al hulle navorsing sal nou niks werd wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.