Duitsland sal gesteelde museumstukke vir Namibië leen

Namibiese kunsstukke uit die versameling van die Museum van Volkekunde in Berlyn word uitgestal tydens ʼn perskonferensie op 24 Mei 2022 (Foto: Tobias Schwarz/AFP)

ʼn Museum in Berlyn sal Vrydag 23 stukke antieke juweliersware, gereedskap en voorwerpe aan Namibië, ʼn voormalige Duitse kolonie, terugstuur. Dit vorm deel van ʼn onbepaalde lening as deel van ʼn projek om toenadering tussen die twee lande aan te moedig.

Die artefakte sal aan die Nasionale Museum van Namibië oorhandig word en beskikbaar gestel word aan plaaslike kunstenaars en akademici vir navorsing, het die Museum vir Volkekunde in Berlyn gesê.

Die stukke is deur Namibiese kenners uitgekies en sluit ʼn bekertjie, ʼn pop met tradisionele drag en verskeie spiese, haarstukke en ander modebykomstighede in.

Esther Moombolah, direkteur van die Nasionale Museum van Namibië, het aan verslaggewers in Berlyn gesê dit is ʼn tree in die hersiening van die “lang, ingewikkelde geskiedenis van Namibië en Duitsland”.

“Ons moedig alle toekomstige vennote aan om in die spore van dié instansie te volg,” het sy bygevoeg. Sy benadruk dat Namibiërs “nie op ʼn vliegtuig hoef te klim om kulturele skatte te sien wat in bokse in oorsese instansies gehou word nie”.

Die Berlynse Kulturele Erfenisstigting (SPK), wat die Berlynse museum bestuur, het nie gesê waarom die voorwerpe nie bloot net aan Namibië teruggegee is in plaas daarvan om dit op ʼn langtermyn lening te plaas nie.

Hermann Parzinger, president van die SPK, het slegs gesê dit is “ʼn proses van toenadering en dit is waarom daar besluit is dat die voorwerpe na Namibië moet teruggaan”. Hy voeg by hy kan bevestig die voorwerpe “moet in Namibië wees en in Namibië bly”.

Die Museum vir Volkekunde werk al sedert 2019 saam met die museum in Namibië om die toekoms van honderde artefakte te bespreek. Dit is deel van ʼn rits onlangse stappe deur die Duitse regering om te vergoed vir misdade uit die koloniale era, insluitend amptelike erkenning verlede jaar dat hy menseslagting in Namibië gepleeg het – in daardie stadium bekend as Duits-Suidwes-Afrika. Duitse koloniale setlaars het tienduisende Herero- en Nama-mense doodgemaak tussen 1904 en 1908. Dit word deur geskiedkundiges beskou as die eerste menseslagting in die 20ste eeu. Dit het verhoudings tussen Namibië en Duitsland vir dekades lank vertroebel.

Duitsland het die afgelope paar jaar ook skedels en ander menslike oorskot na Namibië teruggestuur wat in Berlyn gehou is tydens ʼn periode van “wetenskaplike” eksperimente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Wat beskou Geskiedkundiges die slagting in SA
waarvoor Britanje verantwoordelik was

Theo ·

Ek is ‘n boorling van voormalige SWA, voormalige Duits SWA, nou bekend as Namibië. Die ironie van die hele saak lê daarin dat as die Duitse koloniale regering nie die artefakte in die Berlynse Museum bewaar het nie, die inheense Namibiese bevolkings vandag niks sou gehad het wat hulle kulturele en geskiedkundige erfenis betref nie.

Net ‘n regstelling: Dit is nie die Duitse setlaars wat die Hereros “doodgemaak” het nie, maar die Duitse koloniale regering, in ‘n poging om nie net hul eie burgers (meesal boere) nie, maar ook Afrikanerboere, te beskerm, wat genadeloos onder die moordende en plunderende Hererobendes deurgeloop het. In baie gevalle analoog tot wat die Voortrekkers in SA enkele dekades vroeër deurgemaak het. Dit was ‘n volslae oorlog. Die Hereros het in groot mate hul eie ondergang bewerkstellig a.g.v hul hardnekkige rebelse houding, nie net teenoor die Duitsers nie, maar ook teen die Namas en ander inheemse volke. Dit is die ander sy van die munt.

Marianna ·

Ek wonder wat ons die SA slagting onder die ANC moet noem? Vandag word daar meer moorde gepleeg as voor 1994.

Pieter J ·

Die Hereros en die Namas is herhaaldelik deur die destydse Duitse owerhede gewaarsku om hul moord en plundertogte teen burgerlikes te staak. Die Namas was ook goed bewapen en het selfs perde gehad en was ook arrogant genoeg om duitse forte aan te val. Die gevolg was dat die Duitsers ń meer kragdadige bevelvoerder na SWA gestuur het wat presies gedoen het wat hy belowe het. Dit laat my baie dink aan die situasie in Palestina.

Tienie ·

Dankie Sarel.

AFP moet maar n paar ware Afrikaanse Geskiedenis boeke gaan lees. Hopelik sal sy of haar oë oopgaan.

TWEE EN DERTIG DUISEND VROUE EN KINDERS IS VERMOOR DEUR DIE ENGELSE REGERING. Ek het geen syfers van die swart bevolking wat gedood is nie. En dit vir die ZAR se goud.

Verkragting van Blanke en swart vroue was aan die orde van die dag deur die Britse soldate.

Wit Vroue was so verneder dat “as” hulle sou swanger raak van die verkragtings voorval is daardie baba vermoor.

So. Dit is ook op die Britse regering se gewete.

Wreed nê. Dit het plaasgevind tussen 2 Oktober 1899 en 31 Mei 1902.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.