ʼn Airbus A320 van die Germanwings-lugredery het Dinsdag in die suide van Frankryk neergestort.
Volgens die Franse koerant, Le Monde, was daar 142 passasiers en ses bemanningslede aan boord. Die vliegtuig was van Barcelona in Spanje na Dusseldorf in Duitsland op pad.
Die vliegtuig het glo in die Franse Alpe naby Digne neergestort.
Intussen het Germanwings op sy sosialemedia-kanale gesê hulle is slegs bewus van gerugte in die media. “Ons is bewus van mediaberigte wat spekuleer oor ʼn voorval,” het die maatskappy gesê. “Niks is nog aan ons bevestig nie. Ons sal die media dadelik in kennis stel.”
Meer inligting volg.
Deesdae val daar darm baie vliegtuie,kan mens nog waag om te vlieg.
Ja, nee wat. Dis nog steeds die veiligste vorm van vervoer. Op enige gegewe oomblik is daar meer as ‘n miljoen mense in die lug. Laat ‘n mens drink (dink) nê?
jaques, dis nie so erg nie. Daar is op enige gegewe oomblik tussen 700 000 en 1.5 miljoen mense in die lug. 300 daarvan in ‘n baie klein persentasie. Dis veiliger as motor ry.
Nee, Jacques, weens die internet HOOR jy van baie meer vliegtuie wat val. Net omdat jy meer of minder oor iets lees, beteken nie dat dit meer of minder gebeur nie.
Gaan kyk na ‘Flight Radar’ op die internet en hoe dit lyk op ‘n gegewe oomblik oor Europa en Noord-Amerika. Dis ‘n bynes wat skrik vir niks. Nou luister ek vanaand dat daar wêreldwyd elke 2sekondes ‘n Airbus 320 opstyg. Moeilik te glo.