Duitsland waarsku oor ‘eksponensiële’ toename in infeksies

Argieffoto van Covid-19-toetsing in München, Duitsland. (AP Photo/Matthias Schrader, File)

Covid-19-gevalle neem weer “eksponensieel” in Duitsland toe.

Lars Schaade, visepresident van die Robert Koch- instituut vir aansteeklike siektes (RKI), waarsku nou oor tekens dat die land terugkeer na “baie ernstige gevalle en sterftes en hospitale wat oorweldig kan word”.

Schaade het Vrydag aan verslaggewers gesê hoogs aansteeklike virusvariante het die oorhand gekry en intussen enige vordering wat Duitsland verlede maand met die bestryding van die pandemie gemaak het, uitgewis.

“Dit is heel moontlik dat ons met Paasfees ʼn soortgelyke situasie sal hê as dié wat ons met Kersfees gehad het, met baie hoë gevalle, baie ernstige gevalle en sterftes, en hospitale wat oorweldig word”.

Die RKI het gister 17 482 nuwe Covid-19-gevalle en 226 sterftes in die voorafgaande 24 uur in Duitsland aangemeld. Die voorkomssyfer binne sewe dae het intussen tot 96 per 100 000 mense gestyg ondanks ʼn maande lange inperking.

Duitse leiers het vroeër vandeesmaand ooreengekom dat nuwe beperkings in streke ingestel moet word waar die sewedaesyfer meer as 100 is.

Die Duitse stad Hamburg het gesê dat hy Saterdagoggend die “noodrem” sal trek nadat hy drie dae agtereenvolgens die 100-merk oorskry het. Brandenburg, die staat rondom Berlyn, het ook Vrydag die perk oorskry.

“Ons is in die derde golf van die pandemie, die getalle styg en die persentasie virusmutasies is hoog,” het Jens Spahn, Duitse minister van gesondheid, tydens ’n mediakonferensie gesê.

Spahn het ’n beroep op Duitsers gedoen om hul reise tot die minimum te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Kersfees en nou weer Paasfees. Alles rindom Christelike dae. Nou wonder ek maar net. Verder, hou aan om die mense bang en paranoïes te hou. Nou al so keelvol.

Bees Boer ·

Dit terwyl Dr Winfried Stöcker in Duitsland ‘n veilige en goedkoop entstof ontwikkel het, maar wat die wat in bevel is nie wil aanvaar nie, maar hom eerder dagvaar.

Johannes ·

Vakansie, werks week, lang naweek, deur die week is alles terme wat ons taal n spesifieke tyd van ons daaglikse bestaan uitwys. Covid 19 is n virus wat vir die hede en die toekoms n duidelike stempel in ons lewens afgedruk het. So kan ons maar filisoveer oor wat die virus nou eindelik is en die oorsprong daarvan. Die hele probleem is egter dat die mensdom oor die algemeen skepties is en moeilik aanvaar word waar jou lewens besteen bedreig word. As n gebou bestuurder, toesighouer of in gewone taal n opsigter van noorheersende studente woonstel in die hartjie van n studnte gemeenskap, bestaan die pleidooie vir veilige afstand, dra van maskers en hand sanitasie nie in hulle woordeskat nie. vir diegene wat regtig wil sien hoe studente kan kuier en tekere gaan, besoek gebiede waar studente uithang . Die “Strip” in Lynwood, Burnet straat, Arcadia Straat en Hilda strate in Hatfiel. Ek sal so ver gaan as om enige verslaggewer uit te daag om n ondersoel te loots. Dit breek my hart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.