Duitsland waarsku oor sanksies ná Navalny-aanval

Alexei Navalny, sy vrou Yulia en hul seun Zahar by ʼn onbekende ligging in Duitsland (6 Oktober 2020) (Foto: Alexei Navalny/Instagram via AP)

Duitsland se minister van buitelandse sake het Woensdag oor moontlike “geteikende en ontwrigtende sanksies” gewaarsku indien Rusland nie antwoorde verskaf oor die vergiftiging van die opposisieleier Alexei Navalny nie.

ʼn Russiese diplomaat het egter gesê sy land “skuld niemand niks nie”.

Minister Heiko Maas het dié uitlatings gemaak ʼn dag nadat Duitsland gesê het toetse by ʼn laboratorium, vir die Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens (OVCW), het bevestig dat Navalny die slagoffer was van ʼn Novichok-senuweemiddel.

Navalny, teenkorrupsie-ondersoekbeampte en pres. Wladimir Poetin se mees sigbare vyand, is na Duitsland gevlieg twee dae ná hy op 20 Augustus skielik siek geword het op ʼn plaaslike vlug in Rusland. Duitse beamptes het verlede maand bevestig spore van ʼn Novichok-senuweemiddel is in die politikus se sisteem gevind. Hy sterk tans in Duitsland aan.

Maas het gesê die aanval is “ʼn ernstige oortreding van internasionale wetgewing” en Duitsland sal ʼn reaksie koördineer met sy Europese vennote.

“Dit is duidelik dat, indien die gebeure nie opgeklaar word en die nodige inligting verskaf word nie, dat geteikende en ontwrigtende sanksies teen die verantwoordelike partye nie voorkom kan word nie. Dit sal tot Rusland se voordeel wees om dit nie te laat gebeur nie.”

Volgens Maas sal Duitsland oor die volgende paar dae met die Europese Unie vergader oor moontlike sanksies teen spesifieke individue wat met die ontwikkeling van chemiese wapens verbind kan word.

Navalny het verlede week gesê dit is slegs Poetin wat verantwoordelik kan wees vir die aanval. Die Kremlin het dié bewering as “absoluut sonder basis en onaanvaarbaar” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

Navalny is nie net Rusland se prez ‘in waiting’ nie, hy is ‘n bobaas siener. Toe sy magie pyn na ‘n koppie tee toe sien hy sommer dadelik hy is vergiftig en toe bel hy dadelik vir moeder Engel want hy weet Duitsland haat Rusland van toeka se dae af en toe kom haal hulle hom en bewys sy vergesig en nou moet Putin, wat glo die wrede plan beraam het, ‘please explain or else…’ Miskien kan Navalny ‘n paar dinge hier kom ‘sien’. Ace wag.

Fedup ·

Poor rasputin. In trouble again.
One thing i know, he would not have wasted his time or energy with Novichok.
It takes too long.
Anyhoo, navalny can be such a ninny sometimes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.