Duur gesteelde skilderye na 40 jaar opgespoor

Gaugin se selfportret, 1889

Gaugin se selfportret, 1889

Die Italiaanse polisie sal Woensdag meer besonderhede bekend maak nadat twee skilderye deur die Franse meesters, Paul Gauguin en Pierre Bonnard wat 40 jaar gelede in Londen gesteel is, opgespoor is.

Die twee skilderye is elk miljoene rande werd. In dié stadium is dit net bekend dat die skilderye deur die Italiaanse militêre polisie teruggevind is. Die militêre polisie in Italië is ook vir die beskerming van kultuurgoedere verantwoordelik.

Bronne: New Straits Times, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.