Duurste veselperskes verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paar veselperskes, uit die suide van Japan, is Donderdag vir 300 000 yen (R30 600) verkoop, het Kyodo News berig.

Dié veselperskes van die “Taiyo no Tamago” (Eier van die Son)-handelsmerk sal met ʼn vliegtuig van Miyazaki in die verre suide na ʼn winkel in Fukuoka vervoer word, vanwaar dit verkoop sal word.

Elke vrug moet minstens 350 gram weeg voordat dit as ʼn Taiyo no Tamago-veselperske geklassifiseer kan word, en dit moet ʼn hoër suikerinhoud bevat, volgens die Miyazaki-landboufederasie.

Vrugte is gewoonlik duur in Japan, en ʼn appel kos soms tot meer as R30. ʼn Pakkie kersies kan jou meer as R1 000 uit die sak jaag.

ʼn Paar spanspekke in 2008 is vir R26 000 verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.