‘Dwelmverslaafde’ baba se ouers vas

Colby Glen Wilde (29) en sy meisie, Lacey Dawn Christenson (26) (Foto: Twitter)

ʼn Man en vrou van Utah in die VSA is in hegtenis geneem nadat hulle glo enkele ure ná die geboorte van hul baba vir haar ʼn middel ingegee het om haar heroïenverslawing te probeer verdoesel.

Volgens polisieowerhede is Colby Glen Wilde (29) en sy vrou, Lacey Dawn Christenson (26), in hegtenis geneem omdat hulle albei dwelms gebruik het tydens haar swangerskap.

Sers. Spencer Cannon, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die baba het vermoedelik reeds in die baarmoeder aan dwelms verslaaf geraak omdat Christenson onder meer heroïen en sterk pynmedikasie tydens haar swangerskap gebruik het.

Die ouers het aan die polisie erken dat hulle ná hul dogter se geboorte vir haar Suboxone gegee het. Hulle het die pil glo fyngemaak en aan die baba se tandvleis gesmeer om die baba se dwelmverslawing te verdoesel.

Volgens Cannon het die polisie Wilde en Christenson verlede maand in hegtenis geneem ná Wilde items uit ʼn winkel gesteel en dit by die toonbank teruggegee het vir kontant. Toe die veiligheidsbeamptes hom agternasit, het hy sy baba glo herhaaldelik laat val. Hy én Christenson, wat glo saam met hom in die winkel was, is later in hegtenis geneem op aanklag van diefstal, dronkbestuur en die besit van dwelms.

Drie jong seuns, van wie een seun uit ʼn vorige verhouding, is ook tydens ʼn besoek by die paartjie se huis uit hul sorg verwyder en in die toesig van die oudste seun se pa geplaas. Volgens die owerhede het die twee jongste seuns, tesame met die pasgebore baba, positief getoets vir heroïen en morfien. Die pa van die oudste seun se voogskapaansoek is toegestaan omdat hy “nie die kinders van mekaar wou skei nie”.

Wilde én Christenson is steeds in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sad ·

Ek het nie woorde nie….. My hart stukkend as ek die stories lees….

My droom is om n kind van my eie te he, maar ek kan nie….. En dan lees n mens hierdie stories….

Oumie . . ·

Drukkies vir jou. . .En 1000de drukkies vir al die kinders wat deur hul ouers in die steek gelaat word.

Helen ·

Dis Fantasties dat die oudste seun se pa al die kinders vat, al is die ander nie syne nie, want hy wil die boeties nie skei nie! Wens daar nog meer sulke mans daar buite?

josephine ·

Daar is sulke mans, Helen, ons weet net nie van hulle nie – want goeie mans adverteer hulself nie.

Soekie ·

My dogter en haar man smag na ‘n ou kindjie, want sy sukkel om swanger te raak en dan doen mense sulke dinge!!!! HOEKOM?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.