Ebola al erger

Dokter voor ʼn ebola-sentrum in Kailahun, Sierra Leone (Augustus 2014) Foto: Sylvain Cherkaoui Cosmos/Dokters Sonder Grense

Dokter voor ʼn ebola-sentrum in Kailahun, Sierra Leone (Augustus 2014) Foto: Sylvain Cherkaoui Cosmos/Dokters Sonder Grense

Die amptelike sterftesyfer as gevolg van die ebola-uitbreking in Wes-Afrika het tot 1 552 gestyg, maar die werklike syfer kan “twee tot vier keer hoër” wees, aldus die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO).

Daarbenewens het nog minstens 13 mense in die Demokratiese Republiek van die Kongo aan ebola gesterf, maar hierdie sterftes word nie met die uitbreking in Wes-Afrika in verband gebring nie.

Die siekte het reeds sowat 120 mediese werkers geëis, dikwels omdat selfs die mees basiese klere soos handskoene en gesigmaskers nie beskikbaar is nie. Meer as 240 gesondheidswerkers het al siek geword.

Die WHO is bekommerd dat die huidige uitbreking van ebola uiteindelik meer as 20 000 mense kan tref. ‘n Strategiese plan is ontwerp, en word nou met die regeringsleiers van die lande wat geraak word bespreek.

In Nigerië, waar vyf mense reeds aan die siekte gesterf het, is alle skole as voorsorgmaatreël tot Oktober gesluit.

Intussen het British Airways al sy vlugte tussen Heathrow-lughawe en Liberië en Sierra Leone opgeskort tot 31 Desember 2014. Air France het reeds sy vlugte na en van Sierra Leone opgeskort. Kenya Airways en Korean Air Lines het ook hul vlugte na die gebied opgeskort.

Bronne: Trouw, US Today, News Africa, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.