Ebola eis reeds byna 8 000

Patricia Carrick van Dokters Sonder Grense kan slegs help om hierdie pasiënt in Sierra Leone se pyn te verlig. Foto: Julien Rey, Dokters Sonder Grense

Patricia Carrick van Dokters Sonder Grense kan slegs help om hierdie pasiënt in Sierra Leone se pyn te verlig. Foto: Julien Rey, Dokters Sonder Grense

Nagenoeg 8 000 mense het reeds in die jongste uitbraak van ebola gesterf, aldus die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Volgens die WGO is minstens 7 905 reeds dood en het meer as 20 006 mense siek geword.

Sierra Leone is die ergste getref, en die siekte daar neem steeds in nuwe gevalle toe. Ook Liberië en Guinee is hard getref.

Die WGO se volledige verslag wat op 31 Desember uitgereik is, kan hier gelees word.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.