Ebola-serum dalk oor twee weke beskikbaar

Patricia Carrick van Dokters Sonder Grense kan slegs help om hierdie pasiënt in Sierra Leone se pyn te verlig. Foto: Julien Rey, Dokters Sonder Grense

Patricia Carrick van Dokters Sonder Grense kan slegs help om hierdie pasiënt in Sierra Leone se pyn te verlig. Foto: Julien Rey, Dokters Sonder Grense

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) hoop om oor twee weke ’n serum beskikbaar te hê wat aan siek ebolapasiënte in Liberië toegedien sal kan word.

Die serum word van die teenliggampies van mense ontwikkel wat ebola oorleef het. Daar sal na verwagting nie baie van hierdie serum wees nie, omdat nog min mense die siekte oorleef het.

Die WGO het ook bekend gemaak dat daar aan twee voorkomende entstowwe gewerk word en hoop om teen Januarie volgende jaar 20 000 mense te kan inent. Lees meer in die BBC se artikel.

Intussen het die WGO reeds bevestig dat die ebola-uitbrekings in Nigerië en Senegal verby is en geen verdere oordrag plaasgevind het nie.

Volgens die WGO se statistiek het minstens 4 546 teen 17 Oktober uit 9 191 gevalle van ebola gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christiaan vd Merwe ·

Wat spuit die vrou op die pasient?
Jul onderskrifte vertel nie volle storie.
Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.