Ebola-sterftes nou meer as 140

Ebola-virus

Ebola-virus

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het bevestig dat die Ebola-uitbreking in Wes-Afrika reeds meer as 140 lewens geëis het.

Die Ebola-virus veroorsaak ʼn hoë koors en interne en eksterne bloeding. Daar is geen genesing of entstof vir die virus nie en die sterftekoers is hoog.

Die gesondheidsagentskap van die Verenigde Nasies het Dinsdag in ʼn verklaring op sy webwerf gesê minstens 230 gevalle word in Guinee en Liberië vermoed of is reeds bevestig. Altesaam 129 sterftes in Guinee en 13 in Liberië word aan Ebola toegeskryf.

Die uitbreking is ongewoon, aangesien die virus gewoonlik in sentrale of oostelike Afrika voorkom. -SAPA

Lees ook:
Ebola-virus eis 121

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.