Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Liberië sewe weke gelede as ebola-vry verklaar, maar dit blyk dat dié siekte terug is nadat ‘n man onlangs daaraan dood is.
Twee mense word tans in die Monrovia-hospitaal behandel. Dit blyk dat al drie hondevleis, ´n algemene maaltyd in Liberië, geëet het. Altesaam 175 mense word ook dopgehou omdat hulle kontak met die drie mense gehad het.
Die drie mense is van die dorp Nedowein, ongeveer 50 km van die hoofstad Monrovia.
Twaalf nuwe gevalle van ebola is die afgelope week in Guinee bevestig en aangeteken en agt gevalle in Sierra Leone. Verskeie organisasies het onder die indruk verkeer dat ebola aan die verdwyn is, maar dit blyk nie die geval te wees nie.
Weens subtiele nalatigheid vanaf owerheidsweë aangaande o.a. riool in ons waterstrome, spruite, riviere en opgaardamme sit ons ook op ‘n tydbom.
Dis egter die gebruik in Afrika dat die ‘fan’ en die ‘paw paw’ eers bymekaar moet uitkom voordat daar wakker geskrik word.
So, hou Noord en foeter voort.
Dis darem snaaks hoe Afrika leiers Europa en Amerika blameer dat hulle nie gou genoeg “inmeng” rakende sulke pandemies en siektes. Maar sodra iemand aan die strafhof uitgelewer moet word dan sê hulle (Mugaab) vinnig, Afrika moet gelos word om sy eie sake uit te sorteer.
Ek kyk die ander dag op VISE hoe Europa en die Westerse wêreld blameer word omdat hulle nie gou genoeg opgetree het na die uitbreek van Ebola nie. Maar as dieselfde moonthede wil inmeng in Afrika politiek dan word daar gou deur hulle (Mogaab) gesê die wêreld moet Afrika los om sy eie probleme op te los.
Ek wonder net of die Regering ook gaan skree vir hulp as daar Ebola uitbreek weens die haglike toestand wat ons water en riool storting in ons riviere floreer….dit sal ook seker die wittes se skuld wees.