Die leiers van die Verenigde Nasies en die Wêreldgesondheidsorganisasie het Vrydag hernude kommer uitgespreek oor ebola in Afrika en veral die moontlike verwoestende effek wat dit op Mali kan hê.
Honderde mense is glo in Mali blootgestel aan die virus nadat ʼn imam verlede maand dood is. Intussen het al ses mense van die ses bevestigde gevalle wat aangemeld is, reeds in dié land gesterf. Die eerste gevalle is in Oktober in dié land aangemeld.
Volgens die WGO is minstens 5 459 mense reeds wêreldwyd in Guinee, Liberië, Sierra Leone, Mali, Nigerië, Senegal, Spanje en die Verenigde State van Amerika dood.
Lees alle vorige berigte oor ebola op Maroela Media.