Ebola-uitbreking in Mali eis 6

Vrywilligers van Dokters Sonder Grense by die Foya-sentrum in noordelike Liberië help Helena (regs) om met haar seuntjie Moses, wat met die ebola-virus besmet is, te gesels #decidetodonate http://bit.ly/dcd2dnt

Vrywilligers van Dokters Sonder Grense by die Foya-sentrum in noordelike Liberië help Helena (regs) om met haar seuntjie Moses, wat met die ebola-virus besmet is, te gesels #decidetodonate http://bit.ly/dcd2dnt

Die leiers van die Verenigde Nasies en die Wêreldgesondheidsorganisasie het Vrydag hernude kommer uitgespreek oor ebola in Afrika en veral die moontlike verwoestende effek wat dit op Mali kan hê.

Honderde mense is glo in Mali blootgestel aan die virus nadat ʼn imam verlede maand dood is. Intussen het al ses mense van die ses bevestigde gevalle wat aangemeld is, reeds in dié land gesterf. Die eerste gevalle is in Oktober in dié land aangemeld.

Volgens die WGO is minstens 5 459 mense reeds wêreldwyd in Guinee, Liberië, Sierra Leone, Mali, Nigerië, Senegal, Spanje en die Verenigde State van Amerika dood.

Lees alle vorige berigte oor ebola op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.