Ebola-vegters is Time se mens van 2014

10620679_816357561735700_5236630430795790659_nDie “ebola-vegters” is deur die tydskrif Time as “mens van die jaar” aangewys.

“Vir dekades lank het ebola by Afrika-dorpe gespook soos ʼn mitiese monster wat elke paar jaar herrys het om ‘n menslike offer te eis en dan teruggekeer het na sy grot. Dit het die Weste slegs in nagmerrievorm bereik, ‘n Hollywood-riller wat oë laat bloei en organe laat ontbind en dokters is wanhopig want hulle vind nie ʼn geneesmiddel nie,” het Nancy Gibbs, uitvoerende redakteur van die tydskrif, gesê.

“Ebola is ʼn oorlog en ʼn waarskuwing. Die wêreldwye gesondheidstelsel is nie naby aan sterk genoeg om ons veilig te hou van aansteeklike siektes nie, en ‘ons’ beteken almal, nie net diegene in verafgeleë plekke waar dié bedreiging een van vele is wat elke dag baie lewens eis nie. Die res van die wêreld kan slaap in die aand, want ‘n groep mans en vroue is bereid om op te staan en te veg. Vir onvermoeide dade van moed en genade, vir die koop van tyd vir die wêreld om sy weerstand te verhoog, vir waagmoed, vir deursetting, vir opoffering en redding, is die ebola-vegters Time se 2014 mens van die jaar.”

Die tydskrif wys sedert 1927 jaarliks ʼn mens van die jaar aan. Die titel het tot en met 1999 bekend gestaan as man van die jaar. Adolf Hitler (1938), Joseph Stalin (1939), Koningin Elizabeth II (1952), Barack Obama (2012) en Pous Francis (2013) het al voorheen op die tydskrif se voorblad verskyn as mens van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.