Ebola-verpleegster het dalk aan gesig gevat

Teresa Romero, die verpleegster wat in Spanje met die ebola-virus besmet is Foto: abc.es

Teresa Romero, die verpleegster wat in Spanje met die ebola-virus besmet is Foto: abc.es

Gesondheidsbeamptes in Spanje ondersoek of ʼn verpleegster moontlik met die ebola-virus besmet is toe sy met ebola-besmette handskoene aan haar gesig geraak het.

Meer as 3 400 mense is reeds vanjaar dood nadat die ebola-uitbreking in Wes-Afrika begin het.

Teresa Romero is egter die eerste persoon wat buite Wes-Afrika met die ebola-virus besmet is nadat sy twee sendelinge, wat van Wes-Afrika teruggekeer het, behandel het. Romero se geval werp lig op die gevare van gesondheidswerkers.

Dr. German Ramirez van die Carlos III-hospitaal in Madrid het gesê Romero onthou dat sy een keer met haar beskermingshandskoene aan haar gesig geraak het. Sy was twee keer in Manuel Garcia Viejo se hospitaalkamer in die isolasie-eenheid van die hospitaal. Sy moes een keer sy luier omruil en sy was ná sy dood in sy kamer om voorwerpe uit die vertrek te verwyder. Viejo het op 25 September gesterf.

Ramirez het gewaarsku dat die ondersoek nog nie afgehandel is nie, maar dat dit wil voorkom of hulle die oorsprong van Romero se besmetting opgespoor het.

Sy was Woensdag in ʼn stabiele toestand.

Clarence Roy-Macaulay and Ciaran Giles vir SAPA-AP.

Lees vorige berigte oor die ebola-virus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.