Ebola-virus muteer vinnig

Ebola-virus

Ebola-virus

Die ebola-virus wat in Wes-Afrika woed en as die ergste uitbreking ooit beskryf word, muteer vinnig en verhoog die noodsaaklikheid om dit vinnig te beperk, aldus nuwe navorsing wat pas in die vaktydskrif, Science, verskyn het.

In nog ʼn artikel word die herkoms van die huidige uitbreking teruggespoor na ʼn begrafnis. Die navorsing toon dat die virus twee keer so vinnig in mense muteer as wat dit in diere gemuteer het. Hoe langer die situasie voortduur, hoe beter raak die kanse dat ‘n mutasie gaan ontwikkel wat nog makliker van mens-tot-mens oorgedra kan word.

Die mutasies hou ook die gevaar in dat dit die diagnose van die siekte kan bemoeilik, en ook die behandeling moeiliker kan maak.

Die Wes-Afrikaanse uitbreking word na een van die vyf stamme van die virus herlei wat mense siek kan maak, bekend as die Ebola Zaïre. Die virus het vermoedelik sedert 2004 in vlermuise van die Kongo na Wes-Afrika verhuis.

ʼn Uitbreking van ʼn ander stam wat ook al enkele lewens geëis het, is intussen in die DRK bevestig.

Klik hier en hier om meer besonderhede in nie-vakwetenskaplike publikasies te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.