Ecuador-aardbewing: Dodetal styg skerp

Foto: AP Photo/Dolores Ochoa

Foto: AP Photo/Dolores Ochoa

Die dodetal ná Saterdag se verwoestende aardbewing in Ecuador in Suid-Amerika het skerp gestyg.

Rafael Correa, Ecuador se president, het gesê die dodetal het tot 233 gestyg in die aardbewing met ʼn magnitude van 7,8. Correa is op pad terug na Ecuador nadat hy op ʼn sakebesoek in Rome was.

Die aardbewing het sowat 160 km van die hoofstad Quito voorgekom op ʼn diepte van sowat 16 km. Volgens Ecuador se seismologiese instituut was daar al meer as 135 naskokke, waarvan die grootste as 5,6 gemeet is en honderde kilometers van die episentrum af gevoel is.

Geboue in talle dorpies aan die kus het ineengestort met skade wat in talle groot stede voorgekom het. Talle dorpe sit sonder elektrisiteit en noodtoestande is in ses van Ecuador se 24 provinsies afgekondig. Grondstorting het daartoe gelei dat talle paaie gesluit is en tot gevolg het dat nooddienswerkers sukkel om in sekere dorpies uit te kom.

Die aardbewing was die grootste sedert 1979 en volg kort ná die twee verwoestende aardbewings in Japan. Minstens 41 mense is dood en nagenoeg 1 500 beseer in die aardbewings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Leon ·

Asseblief!!! Wat is “magnitude”? Ek is trots Afrikaans en is Engels uitstekend magtig maar kan die woord nie vervang word met ‘n “lesing van…op die Richter-skaal” of iets gepas nie?

Tiger ·

Leon ek stem 100% met jou siening saam.Maar ek is nogmaals bly ons kry nie sulke goed hier nie!

Scura ·

Ecuador and Japan both lie in the path of “the ring of fire” Here in South Africa we don’t.

Wat-ek-lees ·

Kyk by ‘Moment-magnitude-skaal’ (Wikipedia) waar die Richterskaal die magnitude (sterkte) van ‘n aardbewing meet terwyl die moment-magnitude-skaal die totale energie aandui wat vrygestel word. Lg. is dus ‘n meer akkurate metode en is dus nie dieselfde.
Sou die berig se ‘magnitude’ bedoel word die ‘moment-magnitude’ (wat ek reken so is) dan is dit verkeerd want die Richterskaal is nou verouderd.

Francis ·

Die res van die wêreld gebruik die Magnitude skaal om aard bewings te meet. Dit is net ons wat nog die Richterskaal gebruik. Dus is ek nie seker of daar ‘n Afrikaanse terme daarvoor bestaan nie. Dit sal interessant wees om van die taalkundiges te hoor.
Ons gebede gaan uit aan al die mense wat deur die aardbewings geraak is.

Sune van Heerden ·

Dagsê Leon, Tiger en Wat-ek-lees

Suid-Afrika is een van die min lande wat nog die Richterskaal gebruik, en ook net ‘n aangepaste een. Die Richterskaal werk nie goed op groot aardbewings nie, en is ook nie akkuraat op aardbewings wat met die aarde se groot verskuiwingsvlakke verband hou nie. Die USGS (en die meeste lande) gebruik dus die Momentmagnitudeskaal (ʼn alternatiewe Afrikaanse vertaling sou “momentgrootteskaal” wees).

Omdat die lesing nie van die een na die ander omgereken kan word nie (verskillende aspekte word gemeet) is dit nie moontlik om die lesing in Richterskaal, Marconiskaal of enige van die ander oueres weer te gee as dit in momentmagnitudeskaal gemeet is nie.

Uit onkunde sal joernaliste dikwels nog die een as ʼn lesing op die ander aangee, soos tot taamlik onlangs, die SAUK. Dis egter ook reggestel, hoewel Richterskaal vir buitelandse aardbewings nog periodiek deurglip.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

louis ·

Aan elkeen wat hier lees. God praat hard met die wêreld,ook met SA en veral met kinders van die HERE. Kyk rondom die wêreld heen en aanskou die tekens van tyd! Daarom kan ek sê hierdie dinge maak my opgewonde want ons REDDER EN KONING is spoedig hier! Maak jou klaar om jou GOD TE ONTMOET!!! IS JY JA JY WAT NOU HIER LEES IS JY GEREED???

tash ·

Louis.. Toe ek die artikel lees get ek presies gedink wat jy gesê het. Die skrif is aan die muur. Maak seker julle is reg vir daardie dag wat kom!!

Paplepel ·

Jy kan dit seker so sien, MAAR jy kan ook gaan kyk en sien dat wat daar gebeur het is niks nuuts of uitsonderliks nie. Die lande wat op die “ring of fire” lê het al vir honderde duisende jare aardbewings en vuurspewende berge. Die tekens was daar van die begin af. Mense moet hulleself vra of hulle reg is om te gaan as enige iets gebeur. Busongelukke, brande, roof ingesluit.

Daan ·

Ek vra myself van tyd tot tyd of die land nie in die toestand is wat hy is nie omdat die meerderheid mense wat ‘n verskil kan maak agteroor sit en wag vir iemand om terug te kom.

LANNE ·

Ja, ek stem saam. Gaan kyk gerus hoe die aardbewings al vermeeder het net oor laaste 50 jaar. Soos die Woord sé die wereld sal deur geboortepyne gaan as die tyd nader kom. Wel die kontraksies raak al hoe dieper, al hoe seerder en al hoe nader aan mekaar! Jesus kom en elkeen se knie gaan buig of jy wil of nie. Maak jou saak reg! Vergewe en vra omvergifnis. Spandeer tyd in Sy Woord. Our King is on His way …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.