Ecuador in Suid-Amerika is Saterdag deur een van die grootste aardbewings in dekades geruk met tientalle mense wat dood is en honderde beseer.
Volgens Jorge Glas, adjunkpresident van Ecuador, is 77 mense dood en ongeveer 588 beseer in die aardbewing met ʼn magnitude van 7,8. Die aardbewing het sowat 160 km van die hoofstad Quito voorgekom op ʼn diepte van sowat 16 km en is gevolg deur minstens 36 naskokke. ʼn Tsoenami-waarskuwing is ná die aardbewing uitgereik.
Geboue in talle dorpies aan die kus het ineengestort met skade wat in talle groot stede, honderde kilometers van die episentrum af, voorgekom het. Talle dorpe sit sonder elektrisiteit en noodtoestande is in ses van Ecuador se 24 provinsies afgekondig.
Die aardbewing was die grootste sedert 1979 en volg kort ná die twee verwoestende aardbewings in Japan. Minstens 41 mense is dood en nagenoeg 1 500 beseer in die aardbewings.
Ons het so baie om voor dankbaar te wees.Aardbewings hier in ons land is gewoonlik nie sterk nie en dit gebeur ook baie min.SA se president veroorsaak die ergste (op) “skuddings” !
Aardbewing vn korupsie is meeste al in afrika.