Ed Sheeran beseer in ongeluk

Die foto wat Ed Sheeran op Instagram geplaas het (Foto: Instagram)

Die bekende sanger Ed Sheeran het op Instagram laat weet dat hy in ʼn ongeluk was wat moontlik die datums van sy optredes kan beïnvloed.

Sheeran (26) het ʼn foto op Instagram geplaas waarop sy arm in gips is. “Ek was in ʼn fietsongeluk,” het hy daarby geskryf. Volgens berigte het ʼn motor met Sheeran se fiets gebots.

“Ek wag tans vir mediese advies, wat dalk die datums van my komende optredes kan affekteer. Bly ingeskakel vir verdere nuus,” het Sheeran op Instagram geskryf.

Volgens die BBC het Sheeran ʼn blaaskans gevat van die wêreldtoer waarmee hy besig is. Dié toer is veronderstel om volgende week in Taipei voortgesit te word.

Sheeran het ʼn verdere 14 geskeduleerde vertonings vir die jaar voordat hy die volgende been van sy toer in Maart 2018 in Australië afskop.

Die wêreldtoer is vir sy derde album, Divide, wat vroeër vanjaar bekendgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leeu ·

As jy nie weet wie dit is nie, bly jy duidelik onder n klip. SA kunstenaars kan maar net wens hul het 1% van wat hy het.

Danie ·

Wanneer iemand se musiek buite jou geliefkoosde musieksoort(e) val gaan jy nie weet nie. wanneer jjou flieksmaak ook nie die fast en furious reeks insluit nie gaan jy ook nie weet nie. Dit maak nie saak of etlike miljoene hormoon belaaide tieners mal oor hom is nie (daarmee sê ek nie dat ouer mens nie van sy musiek mag hou nie).

Stef ·

@Danie, as jy tussen 8-65 is en nog nooit van hom gehoor het, of enigens van sy liedjies wat hy al vir ander kunstenaars geskryf het nie, weet jy seker ook nie van Freddie Mercury, The Beatles, Elvis ens ook nie.

Reinette ·

Baie bekend , sy liedjie was die langste nommer een , shape of you, langer as brian adams se liedjie

Hendrik ·

Ek is nogal op datum met baie musiek maar ek het hierdie een gemis…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.