Een aand ʼn koningin voor sy sterf

Jerika Bolen by die afskeidsdans. Foto: Facebook

Jerika Bolen by die afskeidsdans. Foto: Facebook

ʼn Veertienjarige meisie van Wisconsin in die VSA is Vrydagaand as balkoningin (“prom queen”) gekroon by ʼn afskeidsdans wat haar skool vir haar gehou het voordat sy binnekort uit vrye wil sal sterf.

Jerika Bolen ly aan tipe 2 spinale spieratrofie sedert sy agt maande oud is, ʼn siekte wat die liggaam se motoriese neurone aantas en veroorsaak dat haar spiere stadig wegkwyn. The Daily Mail berig Jerika het al meer as 30 operasies gehad en moet die grootste deel van haar dag aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel wees om haar aan die lewe te hou.

Ten spyte daarvan dat die dokters alles in hul vermoë gedoen het om Jerika te help, is daar geen kuur vir haar siekte nie. Sy is konstant in pyn. Die jare se pynstillers wat sy moet drink het mettertyd baie skade aan haar liggaam gedoen.

Volgens Daily Mail het Jerika self besluit dat sy in Augustus van haar asemhalingsmasjien sal afgaan en sal sy na verwagting op natuurlike wyse aan haar siekte sterf. Jerika se ma, Jen, het aan die nuusagentskap gesê mense besef nie “wat dit vat om Jerika aan die lewe te hou en wat sy elke dag moet deurgaan nie”. Sy het gesê sy het vrede gemaak met die feit dat sy haar dogter gaan verloor en dat sy glo Jerika is oud genoeg om self oor haar lewe te besluit.

Jerika het hierdie video wat by die dans geneem is op haar Facebook-blad gedeel en gesê die dans was haar “heel beste oomblik”:

https://www.facebook.com/jerikabolen123/videos/262257030826253/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

AndreL ·

Ai. Dit is hartverskeurend. Dit moes ‘n baie moeilike en dapper besluit gewees het. Sterkte Jerika, en aan jou familie en vriende.

Pierceoutpilots ·

En een van haar gunsteling youtubers het opgedaag bekend as “SOCIAL REPOSE” en met haar gekuier wat die aand vir soveel meer spesiaal gemaak het. Dit is hoekom mens al die klein goed in lewe moet waardeur !

AndreL ·

Ek sien my kommentaar het verdwyn. Ek plaas dit weer.

Ai. Dit is hartverskeurend. Dit moes ‘n baie moeilike en dapper besluit gewees het. Sterkte Jerica, en ook vir jou famile en vriende

Wat-ek-lees ·

Ja AndreL maar tog ‘n voorreg om jou te kan voorberei vir die hiernamaals. Dan is dit ook ‘n geskenk om beheer te hê oor jou heengaan en nie vir verlossing te smeek terwyl jy sukkel om dood te gaan. Ek sal my liewer nie uitlaat oor genadedood want ek sal heel moontlik toetentaal verkeerd verstaan word. Veral omdat wonderwerke van God nog steeds in ons tyd daar is en nie net in Bybelse tye gebeur het.
Om op so ‘n jong ouderdom alreeds afskeid te neem is vir my die ergste van ‘n lewe wat skaars begin het.

Pastoor ·

Wat ek lees. Jy praat so na my hart. Wonderwerke gebeur vandag nog Mark 16 vers 16 tot 18 verduidelik dit mooi. Vandag neem die mens mos sy eie besluite en God moet daarby inpas. Ons noem dit menseregte. Steeds n familie wat deur smarte gaan. God bly in steeds in beheer en dit maak nie saak hoe die mens sy menswette maak en uitspel nie. Dit pas nie by Sy plan in nie klaar

zee vd berg ·

Ek glo dat watookal die mens/besluit dat God se wil nogsteeds gebeur, geen een van ons/sal n minuut vroeer of later gaan nie daarom wil ek ook ni eendag aan masjiene gekoppel wees nie aa ek moet leef sal ek…..sterkte liewe mensie kan nie maklik wees om in soveel oyn te leef nie God se wil sal geskied wat ookal dit is

SNEL ·

Sjoe, baie hartseer, dit skeur n mens se hart in stukke om haar net so te sien sit en die ander dans en geniet hulle en dis iets wat n veertienjarige met gemak moet kan doen en sy moet net sit en dit met haar oë inneem en die beste daarvan maak. Ai, daar is so baie seer en elende in die wêreld, wat die hele gesin ook nie van dag tot dag moes deurmaak nie, ek dink uitstappies en vakansies was vir hulle net drome. Miskien was Jetika nog nooit eers op n behoorlike vakansie of het sy haar voete in die see gehad nie. Hoekom sulke slegte dinge gebeur sal ons nooit weet…hoe kan die klei vir die Pottebakker sê; hoekom het Jy my so gemaak. Ek dink in so situasie moet mens dankbaar wees vir die mense wat die Here oor jou pad stuur om jou te help en by te staan en vir die krag wat Hy jou gee om deur elke dag te kom. Hoop haar saak is reg met haar Maker, en of die familie hulle voorberei, moeilik om n geliefde te verloor gaan dit beslis wees, daar lê nog n moeilike pad voor. Mag die Here hulle krag gee.

Gemsbok ·

Die beginsel dat ‘n pasiënt verdere behandeling kan weier, selfs al lei daardie besluit as gevolg van natuurlike prosesse tot die dood, is ‘n belangrike beginsel en word sedert die ontstaan van die mediese professie gerespekteer.

Aangesien die pasiënt weens natuurlike oorsake tot sterfte kom, is hierdie nie ‘n geval van genadedood nie en is daar geen etiese of selfs geloofsbesware wat gebring kan word wanneer die natuur sy gang gaan nie.

SNEL ·

Hennie, dit was my gedagte ook, maar sy lewe nog en Augustus is ook nog nie hier nie, kom ons bid vir haar en dat haar saak reg sal wees, dat die Here iemand oor haar pad sal stuur wat haar na die Here toe sal lei…daar is krag in gebed. Sit haar op jou gebedslysie en elkeen wat ook daarna voel om vir haar te bid.

Theresa B ·

Dit is baie hartseer en veral vir die mense wat agterbly, maar sy het nie ‘n lewe nie. Ek wens haar rus, vrede en geen pyn toe wanneer sy die finale besluit neem. Sy is pragtig en baie dapper.

Martie ·

Pastoor, ek verstaan wat jy se, maar hoe weet jy dit was nie deel van God se plan nie. Onthou net, God neem nie lewens nie, hy vat jou nie weg van julle familie nie. Hy gee die mens die insig en die wysheid om die regte beluite te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.