Een dood na Virgin-ruimtetuig neerstort

Die foto van SpaceShipTwo en WhiteKnightTwo is geneem deur Jason DiVenere van Scaled Composites en is op Virgin Galactic se Twitter gelaai.

Die foto van SpaceShipTwo en WhiteKnightTwo is geneem deur Jason DiVenere van Scaled Composites en is op Virgin Galactic se Twitter gelaai.

Virgin Galactic se eerste kommersiële ruimtetuig het Vrydag tydens ʼn toetsvlug in ʼn woestyn naby Los Angeles, Kalifornië neergestort.

Volgens ʼn verklaring deur Virgin Galactic is een vlieënier dood terwyl die ander vlieënier met ʼn valskerm geland het en tans in die hospitaal behandel word. Die ongeluk het in die Mojave-woestyn plaasgevind. SpaceShipTwo is deur die WhiteKnightTwo-tuig vanuit die lug gelanseer.

SpaceShipTwo het gedurende die toetsvlug probleme ondervind en het kort daarna neergestort. Die WhiteKnightTwo het veilig geland. Volgens Virgin was dit SpaceShipTwo se 55ste vlug en WhiteKnight Two se 173ste vlug.

George Whitesides, uitvoerende hoof van Virgin Galactic, het in ʼn verklaring gesê die maatskappy se gedagtes is vir eers by die bemanning en hul familielede. “Die toekoms berus in baie opsigte op moeilike dae soos hierdie, maar ons glo ons is dit verskuldig aan die span wat so hard hieraan gewerk het, om dit te verstaan en om vorentoe te beweeg. En dit is wat ons gaan doen.”

Sir Richard Branson sou na verwagting vroeg Saterdagoggend in Mojave aankom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.