Een dood, sewe beseer in skietery by universiteit  

Grambling State University in Amerika. (Foto: Facebook)

Een persoon is dood en sewe ander beseer tydens ʼn die tweede skietvoorval by dieselfde Amerikaanse universiteit in minder as ʼn week.

ʼn Student is een van die beseerdes in die aanval wat Sondag teen 01:30 (Amerikaanse tyd) by die Grambling State University in die Amerikaanse deelstaat Louisiana plaasgevind het. Nog ʼn persoon word in die hospitaal behandel vir ernstige beserings. Volgens die universiteit is die persoon wat dood is nie ʼn student aan die universiteit nie.

ʼn Skietery op die kampus verlede Woensdag het die lewe van ʼn 19-jarige geëis en ʼn 16-jarige is beseer. Polisie glo nie dat die twee skietvoorvalle met mekaar verband hou nie.

Die universiteit het nietemin klasse vir Maandag en Dinsdag afgestel en ʼn tydelike aanklokreël ingestel.

Die polisie het ʼn foto van die vermeende skieter in die mees onlangse voorval op Facebook geplaas, met ʼn versoek dat enigiemand met inligting oor die voorval die polisie kontak. Die verdagte is nie aan die universiteit verbonde nie.

Bykomende bronne: AFP, NBC News

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shakespeare ·

As ek so kyk dan het die hele wêreld aangesteek by die New Sout Êfrica.

Jaco ·

Wat dan nou van Joe Biden se human rights en “a gun free America”? O ja nou onthou ek, hy en sy hoogheilige Demokrate het mos terwyl Trump president was, geskree “defund the police”.

Belinda ·

n tweede skiet-voorval? hoe is die sekuriteit dan daar dat hul nie kinders deursoek vir vuurwapens nie?

Dries ·

Ja,maar biden en kie “defund”die polisie mer en meer.In NewYork word nie meer opgetree teen druggies wat in openbaar hulself inspuit,of die goed rook nie.Al meer polisie lede bedank agv verlaagde salarisse.Onder DEMOTARD regering gee ek US 2 jaar,dan lyk dit erger as RSA.TWEE JAAR. !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.