Een dood toe kar deur koffiewinkel bars

Foto: Sally Pendleton op Twitter.

Foto: Sally Pendleton op Twitter.

Een persoon is dood en vyf persone beseer toe ʼn motor deur ʼn Costa-koffiewinkel in Engeland gebars het.

Die motor het Donderdagoggend die voorste deel van die kafee getref. Die voorval het in Westerham, ongeveer 40 km suidoos van Londen, plaasgevind.

Volgens owerhede is vier van die beseerdes in ʼn ernstige toestand.

Brandbestryders moes twee persone uit die motor haal.

Die middestad van die dorp is ná die voorval gesluit.

Foto: Telegraph op Twitter.

Foto: Telegraph op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dee ·

Dit is heavy! Hulle sit en chat en scheme oor more en geniet ‘n koffie (in die ‘veiligheid’ van ‘n winkel) en word deur ‘n kar omgery… sjoe! Soos in Suid Afrika… braai vleis, kuier om die vuur en dan skielik is daar moord en doodslag deur ‘nuwe-suid-afrikaners en trawante’!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.