Een meisie gevind ná Boko Haram-ontvoerings

Skermskoot uit 'n video wat in Mei 2014 deur CNN op YouTube gelaai is.

Skermskoot uit ‘n video wat in Mei 2014 deur CNN op YouTube gelaai is.

Een van die 219 meisies wat op 14 April 2014 by hul skool in Chibok in Borno in die noordooste van Nigerië deur die Islamitiese groep, Boko Haram, ontvoer is, is glo vandeesweek, twee jaar ná die voorval, opgespoor.

ʼn Familielid van die 19-jarige Amina Ali Nkeki, YaKubu Nkeki, het gesê sy is opgespoor waar sy in die bosse in Borno rondgedwaal het. Volgens hom is die 19-jarige buite gevaar. “Sy is wel swanger en ly aan erge trauma,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat sy teruggeneem is na Chibok waar sy met haar ma herenig is. “Haar pa is egter intussen oorlede,” het hy gesê.

Sy is die eerste meisie wat vrygelaat is sedert die massa-ontvoering van die groep van 219 meisies in 2014 wat wêreldwyd opslae gemaak het. Boko Haram-militante het destyds 276 meisies ontvoer waarvan 57 daarin geslaag het om te ontsnap. Tot dusver was daar geen inligting oor die 219 wat steeds aangehou word nie.

Pogu Bitrus, ʼn leier in die gemeenskap, het gesê sommige van die ander meisies van Chibok kon moontlik ook deur soldate gered gewees het wat besig is om Boko Haram in die noordoostelike deel van die Sambisa-woud te beveg. Daar is egter nog geen inligting nie.

Lees alle vorige berigte oor Boko Haram op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marianne ·

Ek is bevrees dat die onvoerde meisies eerder by hul onvoerders sal bly of self gaan wegkruip as huis toe gaan.
Aan hul klere drag is hul Moslems is.
Volgens my beperkte kennis mag indien hul verkrag word hul familie hulle vermoor omdat dit ‘n skande is.
Ek voel bitter sleg oor oud wereldse gelowe en tradisies, tog respekteer ek dit.
Ek hoop en bid dat in die ontvoerings geval die kinders deur hul gesond terug aanvaar sal word. Dat die wat wel verkrag was en wat swanger is of die wat reeds babatjie het se lewens gespaar sal wees.

marianne ·

Ek is bevrees dat die onvoerde meisies eerder by hul onvoerders sal bly of self gaan wegkruip as huis toe gaan.
Aan hul klere drag is hul Moslems is.
Volgens my beperkte kennis mag indien hul verkrag word mag hul familie hulle vermoor omdat dit ‘n skande is.
Ek voel bitter sleg oor oud wereldse gelowe en tradisies, tog respekteer ek dit.
Ek hoop en bid dat in die ontvoerings geval die kinders deur hul gesinne terug aanvaar sal word. Dat die wat wel verkrag was en wat swanger is of die wat reeds babatjie het se lewens gespaar sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.