Een tweeling, verskillende jare

Jaelyn (L) en Luis Salgado Foto: NBC San Diego

Jaelyn (L) en Luis Salgado Foto: NBC San Diego

ʼn Tweeling wat in ʼn hospitaal in San Diego gebore is, sal verskillende verjaarsdae vier.

Een baba is in die laaste paar minute op Oujaarsaand gebore en die tweede het binne die eerste paar minute van die nuwe jaar sy opwagting gemaak.

Die dogtertjie, Jaelyn, is op 31 Desember om 23:59 by die Kaiser Permanente Zion- mediese sentrum gebore en babaseuntjie Luis is op 1 Januarie om 00:02 gebore, berig NBC San Diego.

Hul ouers is Luis Salgado en sy vrou, Maribel Valencia (22).

Jaelyn het 1.88 kg geweeg en Luis 2.67 kg. Albei babas en ma is gesond.

“Ons het eintlik die horlosie dopgehou,” het Luis gesê. “Ons wou weet of ons die eerste babas gaan hê.”

Volgens die hospitaal is Maribel ʼn kassier by die San Diego Internasionale Lughawe en Luis is ʼn dieselwerktuigkundige vir die Amerikaanse Vloot. Die egpaar het ook ʼn driejarige dogtertjie, Isabella.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Carin ·

Met ons huidige skoolstelsel gaan die tweetjies nie saam graad 1 toe kan gaan…die een gaan begin 2022 en die ander een gaan in begin 2023 eers mag gaan…

Alet Murray ·

Een minuut maak nie soveel verskil nie. Ek sou dat beide op 1 Januarie verjaar.

Charmaine ·

Ek stem saam met jou ….. Dit maak tweelinge juis uniek. Net plein stupid as jy my vra. Se nie veel v d dr en ouers ni. Hoop hulle is ten minste identies

Arie Plaasboer ·

Volgende die tye aangedui in die berig (as mens die syfers kan glo) is die twee babeas twaalf uur na mekaar gebore tw 23h59 en 12h01.
Dit dui op twaalf ure verskil aan.
Seker was die bedoeling 23h59 en 00h01 (of dalk 24h01)

0

Sune van Heerden ·

Dagsê Arie

Ons vra groot om verskoning – dit moet inderdaad 00:02 wees! Ons het die berig gewysig. Jammer vir die fout!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Yolande ·

Dis vir my n baie cute storie. Hoor al die sussie se: Eks die oudste, al is jy groter, is ek n ander jaar as jy gebore.

Verné ·

Hoe word hul dan geregistreer? 31 Dec 2015 en 1 Jan 2016!? Ek is so op die brink van 25/26 Mei gebôre. Is toe geregistreer as op 26ste Gebôre omdat my pa die 25ste Nei verhaar het!

Charmaine ·

Tweelinge is veronderstel om n verjaarsdag op dieselfde dag te vier. Dis vir my stupid dat n dr dit aa 23;59 aanteken. Hyt geweet die ander een sou nie net n ander datum he van geboorte nie maar ook n ander jaar van geboorte ….. So die deit dat hulle na melaar gaan lyk as hulle identies is sal die enigste bewys wees dat hulle n tweeling is ….

Charlene ·

Ok kom laat die tannie julle kinders gou marier leer (Yolanda jy is uitgesluit)
“Wow baie geluk, ek is so happy vir julle, en dan is albei nog gesond dis baie goeie nuus. en is hulle nie pragtig nie”.
Mens is nie so afgunstig nie. Dis hulle besluit nou het elke kind alhoewel `n 2ling hulle eie dag. 2 parties, 2 koeke…
Ek hoop hulle geniet die 2ling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.