Een uur later skryf man Ferrari af  

Die Ferrari 430 Scuderia (Foto: Facebook)

ʼn Man van Yorkshire in Engeland het sy peperduur Ferrari 430 Scuderia afgeskryf – een uur nadat hy met dié motor by die handelaar se lokaal uitgery het.

Volgens ʼn verklaring van die Yorkshire-polisie het die man beheer oor sy voertuig verloor as gevolg van “nat weerstoestande”. Die motor het getol en langs die pad tot stilstand gekom voordat dit aan die brand geslaan het minute nadat hy homself uit die motor bevry het.

Die polisie het gesê hulle glo nie dié voorval kan met spoed verbind word nie, omdat die motor nié die skade gehad het van ʼn hoë-impak ongeluk nie.

Owerhede het egter gesê hulle is verbaas dat die man die voorval ongedeerd oorleef het.

“Hy is baie gelukkig gewees om net ʼn paar krap- en kneusplekke aan sy lyf te hê, maar sy voertuig is heeltemal verwoes,” lui die verklaring.

Dié Ferrari het splinternuut ongeveer R3,4 miljoen gekos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Danie ·

Sover ek Afrikaans verstaan, is”sowat” en “ongeveer” sinonieme.

Clayton Cunningham ·

Can’t be ‘splinternuwe’ it’s a 430 Scuderia, it was made in 2007 / 2008 !!!

Cyril Blackburn ·

Dagsê Clayton
Baie dankie vir jou kommentaar! Jy is inderdaad reg – volgens Ferrari is dié spesifieke model tussen 2004 en 2009 vervaardig. Die artikel is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Chris ·

Nie ‘n goeie advertensie vir Ferrari se padhou vermoë nie!

Boertjie ·

Chris ou maat, dit het niks te doen met Ferrari se padhou vermoe te doen nie. As jy jaag, maak nie saak in watse motor nie gaan jy n limiet beryk en jou moses teekom!!!

Cherokee ·

Die motor het nie die skade gehad van ‘n hoë impak ongeluk nie, het hulle afgelei uit die as van die verbrande tjor.

Cherokee ·

Die bybetaling op die versekeringseis gaan waarskynlik genoeg wees om ‘n skaflike mouter mee te koop.

Eish ·

Née wat, Ferrari sal by Ford moet gaan aanklop. Klink na n fase 1 Kuga probleem.

Adri ·

Moes maar eerder’n Golfie gekoop het. Dan het hy straks nog sy kar gehad.

Chevy ·

Met die geld kon ek n mooi huisie n mooi bakkie en n mooi boot gekoop het en nog geld op die bank gehad het om lekker te lewe.

anton ·

Stem saam jou Chevy………maar daar is mense wat R100 000 p/m moet hê net vir spending op lekker dinge. Hulle sal nie met ons saamstem nie!

K ·

Oh nee ek huil my oe uit…daai opwinding van n nuwe kar en dan is daai plesier net vir n uur.. bly die ou is ok wel…Ai shame mens…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.