Een van geskiedenis se grootste raaisels opgelos

verdwene weermagIets wat baie algemeen onder vandag se politici is – toesmeerdery – verklaar wat van ‘n Persiese leëreenheid van 50 000 man geword het, wat volgens die geskiedskrywers 2 500 jaar gelede geheimsinnig in die Egiptiese woestyn verdwyn het.

Volgens geskiedskrywers was die groot weermag van Luxor na die Dachla-oase onderweg toe dit spoorloos verdwyn het. Vyftig jaar later het die beroemde Griekse geskiedskrywer tot die gevolgtrekking gekom dat hulle waarskynlik in ‘n sandstorm onder ‘n groot sandduin begrawe is.

Talle argeoloë, maar veral amateur-argeoloë, soek al jare lank na hierdie laaste rusplek. Verskeie boekie is al hieroor geskryf, en talle vondste is aan die verdwyning gekoppel.

Die Nederlandse Egiptoloog, Olaf Kaper van die Universiteit van Leiden, het toevallig op die antwoord afgekom, toe hy inskripsies op ruïnes ontsyfer het. Sy verhaal klink heel anders. Die Persiese weermag is na die oase gestuur om af te reken met die Egiptiese rebelleleier, Petubastis III. Die Perse is egter verslaan, en Petubastis III het só ‘n groot deel van Egipte by die Perse verower, dat hy in die hoofstad Memphis as farao uitgeroep is.

Twee jaar later het die Persiese koning, Darius I, die Egiptiese opstand egter met erge bloedvergieting onderdruk. Eerder as om te erken dat die Persiese weermag twee jaar tevore ‘n vernederende neerlaag op die lyf geloop het, het hy die storie van hul verdwyning aan die hand van die natuur gefabriseer, en so volledig laat posvat dat hul werklike lot twee en ‘n half millennia lank ‘n misterie kon bly.

Die geheimenis word Donderdag formeel opgeklaar wanneer Kaper ‘n internasionale konferensie toespreek.

Klik hier om die volledige artikel te lees.

Bron: Phys.org

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.