Een van panda-tweeling sterf

Mei Xiang Foto: AP Photo/Susan Walsh

Mei Xiang Foto: AP Photo/Susan Walsh

Een van die tweeling pandababatjies wat by die Smithsonian- nasionale dieretuin in Washington DC in Amerika gebore is, is dood.

Die dieretuin het op sosiale media bevestig die pandababatjie het Woensdag gesterf.

“Die ma, Mei Xiang, wat Saterdag geboorte geskenk het, het lakteer en die groter pandababa het genoeg voeding ingekry,” het die dieretuin gesê. “Sy was nie in staat om oor te skakel na die kleiner baba nie. Dit is noodsaaklik om ʼn pasgebore baba gevoed te hou. Die beamptes van die dieretuin het die babapanda met ʼn bottel en buis gevoer, maar kon dit nie lank genoeg aan die lewe hou nie.”

Die span hou aan om Mei Xiang en die groter pandababa te monitor.

Maroela Media het vroeër berig Mei Xiang (17) is kunsmatig geïnsemineer met sperm van twee manlike pandas, een in China en een in die nasionale dieretuin.

Volg die storie op sosiale media met #Pandastory.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.