Eers sikloonsterftes, toe kom aardbewing

Foto: Tom Perry/Care/Facebook

Foto: Tom Perry/Care/Facebook

Terwyl die inwoners van die eilandgroep Vanuatu, noordoos van Australië, die dooies tel en opruim na ʼn sterkte 5-sikloon, Pam, die eiland getref het, het ‘n aardbewing van 5,3 op die momentmagnitudeskaal ook toegeslaan.

Dit is reeds bevestig dat minstens agt mense weens die sikloon gesterf het, maar die dodetal sal na verwagting aansienlik styg. Minstens twintig mense is ernstig tydens die storm beseer. Op sommige van die eilandjies is so te sê alle huise se dakke afgewaai. Windspoed van meer as 300 kilometer per uur is gemeet. Dit word as een die ergste storms nóg in die Stille Oseaangebied beskou.

Die storm het intussen na ʼn kategorie 3 verswak en is nou op pad na Nieu-Seeland se Noord-eiland.

Vanuata is op ʼn groot verskuiwingsvlak geleë en word gereeld deur aardbewings getref. Die jongste aardbewing was die tweede sedert die storm losgebars het en die dertiende van die jaar. Twee van die aardbewings was sterker as M6, met die sterkste wat as M6,8 gemeet is. Daar is nog geen berigte dat die jongste aardbewings tot die skade en lewensverlies bygedra het nie.

Bronne: Sydney Morning Herald hier, The Telegraph hier, USGS en Earthquake Track.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Wat is M6 as mens dit vergelyk met die Richterskaal. (Ek dink die meeste van ons sal nog lank op die ou stelsel ingestel wees.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.