Dit is reeds bevestig dat minstens agt mense weens die sikloon gesterf het, maar die dodetal sal na verwagting aansienlik styg. Minstens twintig mense is ernstig tydens die storm beseer. Op sommige van die eilandjies is so te sê alle huise se dakke afgewaai. Windspoed van meer as 300 kilometer per uur is gemeet. Dit word as een die ergste storms nóg in die Stille Oseaangebied beskou.
Die storm het intussen na ʼn kategorie 3 verswak en is nou op pad na Nieu-Seeland se Noord-eiland.
Vanuata is op ʼn groot verskuiwingsvlak geleë en word gereeld deur aardbewings getref. Die jongste aardbewing was die tweede sedert die storm losgebars het en die dertiende van die jaar. Twee van die aardbewings was sterker as M6, met die sterkste wat as M6,8 gemeet is. Daar is nog geen berigte dat die jongste aardbewings tot die skade en lewensverlies bygedra het nie.
Bronne: Sydney Morning Herald hier, The Telegraph hier, USGS en Earthquake Track.
Wat is M6 as mens dit vergelyk met die Richterskaal. (Ek dink die meeste van ons sal nog lank op die ou stelsel ingestel wees.)