Eerste Amerikaanse presidentskandidaat bekend

Argieffoto

Argieffoto

Sen. Ted Cruz van die Republikeinse Party het amptelik sy kandidatuur vir die Amerikaanse presidentsverkiesing op Twitter bekend gemaak.

Cruz, wat in Kanada as die seun van ’n Kubaanse immigrant gebore is, word as deel van die konserwatiewe vleuel van die Republikeine beskou. Hy is ook ’n ontkenner van klimaatsverandering en beweer, ten spyte van oorweldigende wetenskaplike data, dat daar die “afgelope 15 jaar nog geen enkele bewys vir klimaatsverandering was nie”.

Hy is boonop die voorsitter van die Kongres se subkomitee oor wetenskap en die ruimte, en het reeds met Nasa gebots weens sy vreemde opvattings.

Na verwagting sal nog twee Republikeine, Rand Paul en Marco Rubio, hul kandidatuur binnekort bekend maak.

By die Demokrate is die oë op Hillary Clinton gerig wat nou eers die sleureffek die hoof moet bied van ’n onthulling dat sy, terwyl sy minister van buitelandse sake was, haar privaat e-posadres vanuit haar kantoor bedryf het.

Christian Science Monitor, Trouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rupert Ashford ·

O aarde Herman. “Die afgelope 15 jaar geen bewyse vir klimaatsverandering…” Gaan check weer jou feite en probeer weer…

Herman Toerien ·

Rupert, dit is nie ek wat so sê nie, dis Cruz. Nasa het juis te make met sy lanseerbane by Kaap Canavaral wat in gedrang kom weens stygende seewater. Verlede jaar was ook die warmste jaar sedert met die byhou van hierdie data begin is. Ek skryf gereeld hieroor, maar alles word uiteraard nie gepubliseer nie.

Rupert Ashford ·

Hendrik, die ouens se nie daar is geen bewyse nie. Bewyse dat die klimaat verander is daar genoeg. Wat egter wel die afgelope meer as 15 jaar na vore gekom het, is dat daar nie regtig statisties betekenisvolle verwarming plaasgevind het nie. Dit in direkte teenstelling met die voorspellings van meer as 90% van die rekenaarmodelle wat geweldige verwarming voorspel het, en tenspyte van konstante toename in CO2 vlakke, so die modelle is stukkend. Laasjaar was die eerste jaar waar daar weer ‘n klein toename was, maar feit bly staan die “modelle” waarop al die histerie gebou gebasseer word en waarop al die “carbon taxes” en ander oordrag van geld skemas berus werk nie. Mense soos Cruz kan met reg vrae vra en antwoorde eis eerder as om as “deniers” uitgekryt te word.

jacques ·

Sal so hoop Rand Paul kom in maar hulle sal hom nooit toelaat nie.

Carel ·

Hoe kan hy as hy in Kanada gebore is staan as president. Dit is mos slegs iemand wat in die VSA gebore is wat kan dien as president. Daar is nog steeds mense wat beweer Obama is nie in die VSA gebore en dat hy sy geboortesertifikaat vevals het. Ja Jacques, ek hoop ook Rand Paul kom in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.