Eerste amptelike foto van prinses Kate ná operasie

Die eerste amptelike foto van Catherine, die prinses van Wallis, sedert haar buikoperasie in Januarie. (Foto: Instagram)

Die Kensington-paleis het Sondag die eerste amptelike foto van Catherine, die prinses van Wallis, sedert haar buikoperasie in Januarie uitgereik.

Die foto van prinses Catherine en haar drie kinders, prinses Charlotte, prins Louis en prins George, is vroeër vandeesweek deur haar man, prins William, by Windsor geneem.

Die foto is vandag ter viering van Moedersdag in die Verenigde Koninkryk uitgereik. Die prinses het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die publiek te bedank vir hul “voortgesette ondersteuning” sedert haar operasie.

“Dankie vir julle vriendelike wense en volgehoue ​​ondersteuning oor die afgelope twee maande. Ek wens almal ’n gelukkige Moedersdag toe,” lui die boodskap.

Catherine (42) is Maandag vir die eerste keer in die openbaar gesien ná sy ʼn maagoperasie in die middel van Januarie ondergaan het, aldus foto’s deur die Amerikaanse TMZ.

Sy sal egter nie haar koninklike pligte voor Paasfees hervat nie, berig BBC.

Maroela Media het vroeër berig Catherine sal haar skoonpa, koning Charles III, se verjaarsdagvieringe in Junie bywoon. Dit sal haar eerste amptelike afspraak sedert haar operasie wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Die foto word tans deur al die groot nuus agente intrek agv digitale manipulasie, bedoelende “photos shop”

Kyk na Prins Louis se linkerhand asook Prinses Charlotte se linkerhand

Jaco ·

die groot nuus agente ontrek agv digitale manipulasie, bedoelende “photo shop”

Kyk na Prins Louis se linkerhand asook Prinses Charlotte se linkerhand

Rika ·

Ek is seker naïef, maar ek sien niks snaaks aan die hande nie.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.