Eerste baba gebore van oorlede vrou se baarmoeder

Argieffoto: Pixabay

Die heel eerste baba ooit is gebore nadat ʼn skenkerbaarmoeder van ʼn vrou wat oorlede is, oorgeplant is in ʼn vrou wat sonder een gebore is. Minder as ʼn jaar ná die operasie was sy swanger.

Dié mediese deurbraak kom nadat ʼn vrou (32) ʼn baarmoeder van ʼn skenker ontvang het, binne ure nadat dié vrou (45) oorlede is. Dié oorplanting wat in September 2016 gedoen, is vroeg Woensdagoggend in die vakjoernaal The Lancet aangekondig.

Die betrokke vrou van Brasilië, wat die sindroom Mayer-Rokitansky-Küster-Hauser het, sou nooit andersins ʼn kind van haar eie kon kry nie aangesien sy nie ʼn baarmoeder het nie, maar wel eierstokke. Sy het nou ʼn babadogter wat op 35 weke met ʼn keisersnee gebore is.

Die skenker (45) is dood weens bloeding op die brein, en het self drie keer vantevore die lewe geskenk. In die operasie wat tien en ʼn half uur geduur het, is die baarmoeder met die are, slagare, ligamente en vaginale kanale aan die ontvanger gekoppel. Die Fallopiusbuise word nie gekoppel nie, daarom moet in vitro-bevrugting gedoen word.

Soos met ander oorplantings moes die ontvanger ook middels ontvang om verwerping te keer en vyf maande ná die tyd was daar geen teken daarvan nie. Sy het ook, volgens die studie, normale menstruasie gehad.

Ná sewe maande is die bevrugte eiers, wat vroeër gevries is, ingeplant. Tien dae daarna was sy swanger. Sy het ʼn normale swangerskap gehad met net ʼn nierinfeksie op 32 weke, volgens die studie.

Die baarmoeder wat oorgeplant is, is tydens die keisersnee verwyder, sodat sy nie meer die teenverwerpingmiddels hoef te gedrink het nie. Die baba was sewe maande en 20 dae oud en het 7,2 kg geweeg toe die kenners hulle navorsing ingedien het, en heeltemal gesond.

Daar is ʼn groter voordeel om van skenkers gebruik te maak wat oorlede is, net soos met nieroorplantings, waar lewende en dooie skenkers gebruik word.

Vir lewende skenkers van gesonde baarmoeders, wat dit om suiwer altruïstiese redes doen, is daar ʼn risiko omdat hulle geopereer word. Lewende skenkers was tot dusver meestal familielede, maar daar was al enkele vreemdelinge ook.

Daar is reeds voorheen babas gebore nadat ʼn baarmoeder oorgeplant is. Dit was egter nie van skenkers wat oorlede is nie, maar van lewende skenkers. Daar was al tien oorplantings van baarmoeders van skenkers wat oorlede is, in onder meer Amerika, Turkye en die Tsjeggiese Republiek, maar dié geval is die eerste suksesvolle swangerskap. In die 39 baarmoederoorplantings van lewende skenkers was daar 11 geboortes, sedert 2015.

  • Elsabé Brits is ʼn vryskut-wetenskapjoernalis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Sophia ·

Nou dit was ‘n interessante artikel! Dankie, Maroela Media :-)

Antoinette ·

Dis wonderlik wat die mediese wetenskap alles kan doen.

Henk ·

Dit is ja. Dit sou nog wonderliker wees as die mediese wetenskap metodes kan ontwikkel om die oorbevolking aan te spreek.
Hoe desperaat moey jy wees om kinders te kry???

Ronel ·

Henk. Jy sal verbaas wees. Ek was 2x surrogaat vir desperate paartjies. Ja daar is baie kindertjies in kinderhuise, maar nie almal kan aangeneem word nie, weens verskeie redes . Daar is mense wat smag na hul eie kindjie. Vir ons wat maklik swanger raak,nis dit moeilik om te verstaan, maar ja, daar IS rerig mense wat der duisende rande sal spandeer om hul eie kindjie te kan he.

Jana ·

Goeiste, ek hoop regtig die baba het 7,2 kg geweeg nie. Sjoe. Maar baie geluk aan die nuwe mamma

Lola ·

Die baba was 7 maande en 20 dae oud en het 7.2kg geweeg……..ek weet nie meer nie……

Johann du Toit ·

Jana, ek het ook gewonder maar toe lees ek die berig weer, Daar word nie gesê wat die baba by geboorte geweeg het nie, Teen die tyd wat die navorsers hulle bevindinge publiseer het, 7 maande na die baba se geboorte, het die baba al meer as 7kg geweeg.

Essie ·

Die baba was 7 maande en 20 dae oud toe die navorsing ingedien is. Die gewig van 7,2 kg is heeltemal normaal vir so ‘n groot baba……lees stadiger?

Hoofskaap ·

Ek weet darem nie. As God wou gehad het sy moes n kind gehad het dan sou hy vir haar n funkionsele baarmoeder van haar eie gegee het. Is die dan nie teen sy plan nie? Hoe weet ons wanneer ons te ver gegaan het? As die volgende artikel se die “wetenskap” het n kind in n lab gegroei vir n paartjie wat nie kan kinders kry nie…is dit dan ook wonderlik?

MS ·

Daar sal altyd iemand wees wat hierdie kaartjie speel, TRAGIES. Hoe weet jy dit was nie God se plan om dokters so slim te maak om so ‘n “wonderwerk in die naam van die Here” te verrig nie? Wees net bly vir hulle, almal verdien die vreugde van ‘n kind en as God dit nie so wou gehad het nie so Hy sekerlik ‘n stop daaraan gesit het. Ek is so so moeg vir mense soos jy.

Antwoord ·

@Hoofskaap – Maar God het mos nou aan haar ‘n funksionele baarmoeder gegee! Of wil jy beweer dit was nie die wil van God nie. Ja, dit sal ook wonderlik wees as God dit so wil dat ‘n paartjie deur ‘n proefbuis ‘n baba kry. Die wetenskap is deel van God se skepping – of jy daarvan hou of nie.

M ·

Ek dink dit is wonderlik, God het iemand anders die gawe gegee om die oorplanting te kan doen sodat nog ‘n vrou wat regtig ‘n mamma wil wees, ‘n mamma kan wees

Antoinette ·

Nie so sinies wees nie. God gee aan mense talente, vermoens en verstand om ander te help. Om ‘n kind in die wereld te bring is seker die grootste wonder van almal. Gun almal wat nie op die normale wyse swanger kan raak nie die vreugde om ook ‘n ouer te wees. Dis na alles ook ‘n mens soos enige ander mens.

Se maar net ·

As God nie wou gehad het sy moes n kind kry nie sou hy ook nie die kennis vir die mediese span gegee het nie ek dink jou kommentaar is baie onsensetief.

Meisie ·

Hoofskaap, wat van mense wat met een nier gebore word, en dan nierversaking kry, en n oorplanting benodig? Of kinders wat met erge hart defekte gebore word en n hart oorplanting moet kry? Dink jy dan dat hulle nie n kans op n gesonde lewe gegun word nie? Jy glo dan seker ook nie aan bloedoortappings nie, want dis iemand anders se bloed wat jou lewe kan red? Ek kan met alle eerlikheid sê dat n proefbuis baba ook n baie groot wonderwerk is, want soveel kan verkeerd gaan. God gee vir mense die kennis om sulke dinge te doen, JUIS om mense se lewens te verbeter of te red

Gee 'n bietjies kans. ·

Hoofskaap dit is nogal erg om nie eie kinders te kan he nie . 3x het ons invitro bevrugting gedoen sonder sukses. Gun asb mense ook die vreugde om hul eie kinders te he. So ook is die die dokters die gawe gegee om dit te kan doen vir die mense. Onthou dit is ook nie natuurlik om oor eposse te stuur nie en die gawe is aan ingenieurs gegee om dit te kan uitwerk.

LD ·

@Jana en Amelia! Hoe lekker lag ek nou! Dit staan tog so duidelik???

Mickey ·

Hoofskaap, dit was dalk God se plan vir haar. Dink so daaraan…as jy nie mooi kan sien nie dra jy n bril, as jy nie goed kan hoor nie kry jy n gehooraparaat. Ek is baie dankbaar vir haar. God het mos die baba se naam ook geken nog voor hy/sy gebore was.

Hoofskaap ·

Al wat ek verder kan se is dat julle jul bybels gaan lees.

Petrus 4:19 byvoorbeeld se baie duidelik vir ons:

“Laat dan ook dié wat in ooreenstemming met die wil van God ly, aanhou om hulle siel aan ’n getroue Skepper toe te vertrou terwyl hulle goed doen”

Ranonkel ·

@Essie, 7,2 kg is glad nie normaal nie, veral nie vir ‘n 32 week oue baba nie. Dit moet pond wees.

Laventil ·

Ranonkel ……. die 7.2 kg was die baba se gewig toe hy/sy 7 maande en 20 dae oud was – nie toe hy/sy gebore is nie.

Ranonkel ·

Laventil, ja ek weet. Met geboorte weeg ‘n baba nog baie meer as op 7 maande en 20 dae. Dus moes dit ‘n enorme baba gewees het met geboorte! Of mis ek nou iets hierso?

Mel ·

Ranonkel – dit was nie 7maande en 20 dae tydens swangerskap nie. Die baba was na geboorte al 7 maande en 20 dae oud toe hy 7.2kg geweeg het.

Natalie Haussmann ·

Die artikel sê dat die vrou andersins nooit ‘n kind van haar eie sou kon hê nie, aangesien sy nie ‘n baarmoeder gehad het nie, maar wel eierstokke. Ek dink dit is tegnies-gesproke nie korrek nie, aangesien sy waarskynlik tog ook van ‘n surrogaat-ma gebruik sou kon maak, of nie? Dit is mos dan ook haar biologiese kind, alhoewel sy hom/haar nie self dra nie. Net ‘n tegniese puntjie – skuus as ek nou beterweterig is ;-)

Anon ·

Soos ek verstaan was die baba al gebore en was toe 7 maande en 20 dae oud toe hulle die navorsings ingedien het … so dus is 7.2kg dood normaal vir n gebore baba van daardie ouderdom ?

Ranonkel ·

Laventil, ek weet, maar dan moes dit ‘n enorme baba met geboorte gewees het, want op 7 maande en 20 dae weeg n baba aansienlik minder as op 35 weke toe die baba gebore is. Behalwe as die gemiddelde gewig van babas verdubbel het sedert ek geboorte gegee het. My babas het so tussen 2.5 en so 3. Iets kg geweeg. Ek onthou die ponde beter: 5lb 3oz op 35 weke en so 7,5lb voltyds. Of mis ek iets hierso?

Kamelia ·

Blommie….lees weer…..Naaaaaa die baba gebore is….uit die baarmoeder, nie die gewig tydens die
7de maand van swagerskap nie!

Elda Meyer ·

Ranonkel,die baba het × kg met geboorte op 35 weke geweeg. Met die indiening vd navorsing was die baba al oor die 7mnd reeds in die wereld en het toe 7,5kg geweeg!

Ranonkel ·

Ek het dit anders gelees. Die baba is op 35 weke gebore. Die gewig is vroeër op 32 weke bepaal voor haar geboorte. n 7kg baba op daardie ouderdom is GEWELDIG groot en nie n normale gewig nie!! Dit gee vir jou 15.4 pond!!

Ranonkel ·

Jammer julle, ek het my naam liederlik met n plank geslaan!?

Ranonkel ·

Jammer julle! Ek dink my breins het my verlaat vandag… Ek verstaan nie dat ek dit so verkeerd bly lees het nie. Ai toggie!? Praat van jou eie naam met n plank slaan!?

Blom ·

Ranonkel, sommer vir die interessantheid – dankie vir die manier hoe jy reageer het toe jy besef jy het die kat nou aan die stert beet! Lekker om menings te hoor. Lekker om ook uit ander se menings te kan leer. Mag ons daarop bedag wees om altyd ruimte te laat vir nuwe insigte. Dit is menslik en ook wysheid. Jy het nie jou naam met ‘n plank geslaan nie!

Mads ·

ñ Lekker posetiewe, insiggewende artikel; baie dankie!
Ek is n GROOT kampvegter vir Orgaan Skenking!! Beide my Swaer, en so 18 jaar later, sy Dogter het sulksesvolle Hartoorplantings ontvang. Ons dank en eer die Here vir Sy genade – en ook àl die MENSE wie Hy gebruik het om hierdie wonderwerke te laat gebeur!!
Ek het eerlikwaar nie geweet van baarmoeder-oorplantings nie, maar dit versterk net my kampvegtery vir Orgaan skenking!!
Hý is in beheer! En Hy sal niks toelaat wat nie deel van Sy plan vir elkeen van ons is nie – ook kan NIKS of niemand Hom KEER in Sy Almagtigheid nie!

M ·

Ek het nie kinders nie en wil ook nie hê nie. Ek voldoen ongelukkig nie aan die vereistes om my eierselle te skenk nie (oorerflike kwale), maar sal graag ‘n lewende skenker wil wees vir iemand wat probleme met haar baarmoeder het.

Anti-negatief ·

Hoofskaap (hoofswaap?) , hoekom haal jy net ‘n enkele vers uit die Bybel aan? God is Almagtig, daarom het hy die dokters en almal wat betrokke was by die oorplanting die kennis/talent gegee om dit te doen! Jy weet duidelik nie hoe omtrent elke vrou daarna smag om haar eie baba te kan dra en in die wêreld te kan bring nie! Hou op om so negatief te wees en gun die mamma haar baba! Om ‘n kind in die wêreld te bring is altyd ‘n wonderwerk, maar dié een is ekstra spesiaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.